Huis + tuin

Teëls op trappe

Teëls bly gewild omdat dit prakties en ’n goedkoop opsie is. Jasmin Kraneveldt van Bathroom Bizarre deel die volgende riglyne oor geteëlde trappe:

• Voor trappe geteël word, moet jy seker maak die trappe is sterk genoeg vir teëls. Elke trap moet ook gelyk en waterpas wees.

• Sementtrappe is die beste keuse vir teëls, omdat dit sterk is en nie beweeg nie. Die meeste spesialiste raai mense af om teëls op houttrappe te lê, omdat hout meestal nie sterk genoeg is om die gewig te dra nie, dit vibreer en die teëls kan skuif en kraak.

• Begin altyd by die boonste trap en teël van daar af ondertoe – die teëllêer hoef dan nie op die nuutgelegde teëls te staan nie.

• Nie alle teëls is geskik vir trappe nie omdat jy maklik daarop kan gly as dit nat word. Kies ’n teël met ’n growwer afwerking en vra jou plaaslike teëlhandelaar vir advies wanneer jy teëls kies om op trappe te lê. Addisionele glyvaste ronde rande kan ook aangebring word om die risiko van gly verder te verminder.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM