Huis + tuin

Toegedraai

Gee ’n kroegstoel nuwe lewe met vrolike lap. Jy het sowat 1 m materiaal, ’n skêr en drukspykers nodig. Knip die lap in die lengte in stroke. Vou twee stroke in lusse, haak dit inmekaar en dan oor die stoel, met die lus in die middel van die sitplek. Vou nou die res van die stroke in lusse en haak hulle een vir een deur die eerste lus totdat die hele sitplek bedek is – dit sal mooi plooie vorm. Heg die stroke onderaan die sitplek vas met drukspykers en bind die punte om die stoelpote vas.

http://tuis.co.za/mobile/vars-idees-mobile/toegedraai/attachment/0309som-11/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM