Maud Voyatzoglou skryf: My ouma het dié teestel in 1934 as trougeskenk gekry. Dit bestaan uit ses bordjies en koppies, vyf pierings (een kort), ’n koekbord en ’n melk ensuikerpotjie. Ek sou graag wou weet of dit iets werd is.


Shona Robie van Stephan Welz & Co. sekeramiekafdeling antwoord: Die stel is gemaak deur W.H. Grindley, ’n Engelse pottebakkery wat in 1880 deur William Harry Grindley gestig is en wat erde- en versterkteporseleinware vervaardig het. Die fabrieksmerk dui aan dat die stel tussen die 1930’s en die 1950’s gemaak en met die hand geverf is in die Langdalepatroon; volgens die styl van die versiering kom dit uit die 1930’s. ’n Volledige teestel sou sowat R1 500–R2 000 op ’n veiling haal, maar sodra daar ’n stuk kort, daal die waarde aansienlik.
OUDERDOM 1930’s
WAARDE R800–R1 000 op ’n veiling













