Maak ’n vensterbanktuin, lees oor geurmalvas en sien wat’s nuut op die tuinmark.
Vrolike vensterbanktuine

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6135/1f07bd9d2cda4c71933dae4c4c2988b3.jpg
1 Die houers in jou vensterbanktuin moet bymekaar pas. Kies byvoorbeeld breekgoed soos koffiebekers, teekoppies, bakkies en melkbekers wat almal in een styl is. Die houers op ons foto (bo regs) is almal in ’n natuurlike styl en met hout, geweefde takkies en gras afgerond. Gebruik eenjarige blomplantjies wat van sonlig hou, soos die grasangelier (Dianthus). Maak die wortels van die saailinge versigtig los sodat die plantjies in die houer sal pas.
2 Plant die plantjies in die houers. Aangesien daar nie dreineringsgate onder in die houers is nie, moet jy sorg dat die grond nie uitdroog nie, maar dat daar ook nie water opdam nie. As die vensterbank wes front, sal die plantjies elke dag ’n bietjie water moet kry.
3 Rond die prentjie af deur byvoorbeeld groot, gekleurde glaskrale en skulpe rondom party van die plante te plaas.
4 Jy kan jou plante in hulle plastiekpotte los, maar bedek dan die potte goed met mos of strooi sodat niemand jou geheim uitvind nie.
5 Vul die emmertjies met potplantgrond. Jy het nie nodig om dreineringsgate te maak as jy kaktusse plant nie – moet hulle net nie te veel water gee nie.
6 Dra handskoene wanneer jy kaktusse plant. Verwyder die oortollige grond rondom die wortels sodat die plante in die emmertjies pas.













