Groente
• Verdeel jou grasuie.
• Saai groente wat die immuunstelsel opbou, soos uie, radyse en preie.
• Plant saailinge soos kool, blomkool, krulkool, spruitkool en meerjarige bonekruid
(Satureja montana) uit. Al hierdie groente en kruie sal die immuunstelsel versterk en behoort daagliks ingeneem te word – dis veral lekker in groentesoppe.
Winterkleur
• Beddingplante wat in die winter en lente blom, kan direk in beddings gesaai word. Werk ’n bietjie gebalanseerde kunsmis in die beddings in en strooi dan ’n dik laag kompos oor.
• Plant gesiggies, petunias, leeubekkies, papawers, gousblomme, vilette of pronkertjies in tuine wat baie son kry. Cineraria (vir rypvrye hoekies), of wit of ligpers feetjieprimulas (Primula malacoides) wat gehard is teen ryp, is ideaal vir skaduryke tuine.

http://tuis.co.za/tuindagboek/tuintake-vir-april/attachment/tuishome-727/

http://tuis.co.za/tuindagboek/tuintake-vir-april/attachment/tuishome-729/













