In die pyplyn
Dié krans is van oorskietstukke PVC-pyp gemaak wat in ewe lang lengtes gesny en met PVC-sement aanmekaar geheg is. Hang dit aan ’n motorhuis- of werkkamerdeur vir selfdoen-inspirasie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/b4a7648c282d45cd9a6468c6fbdd44c3.jpg
Bak ’n boomGemmerkoekiedeeg word lekker hard wanneer dit gebak word, en is dus ideaal om Kersboomkoekies of selfs ’n Kersboompie te maak. Vorm een groot driehoek en twee die helfte so groot met die deeg en bak dit. Meng versiersuiker en eierwit tot ’n dik, wit versiersel en gebruik dit om die driehoeke met lekkers te versier. Sodra dit droog is, heg die twee halwe driehoeke aan die groot driehoek om ’n boompie te vorm.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/09d295449ad64a9f8b2aaea862981a89.jpg
Hang aan ’n takHierdie eenvoudige Kersboom van takke is die perfekte plek om jou Kerskaartjies uit te stal. Gebruik twee lang takke om ’n driehoek te vorm, en korter takke as dwars-latte om jou Kerskaartjies aan te hang.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/8727b5b1305149138d00ec1d89df9a25.jpg













