Saamgestel deur Johané Neilson en Simone Borcherding Bydraes deur Marilize Spies en Adele Schmitz Foto’s: Christo Lötter, Francois Oberholster en Ed O’Riley
Mooiste madelief Vrolik ’n teekoppie op deur die rand met ’n madeliefie-gemmerkoekie te versier. Sny die “blomme” met ’n koekiedrukker uit dungerolde gemmerkoekiedeeg en sny ’n gleufie in elke koekie voor jy dit bak. Versier die koekies in helder kleure.

Prét-a- papier ’n Vrolike rooi lantern word ’n spoggerige bêreplek vir toiletrolle agter die troon.

Op sy kop Dié pragtige klokhuis het sy lewe as ’n hand- geslypte slaaibak begin. Tot iemand versigtig ’n klein gaatjie daarin geboor en vir hom ’n kashandvatsel aangesit het...

Leef lig Herwinde glasflesse maak die mooiste lanterns. Sny ’n stensil uit kleeffilm, plak dit op skoon glasbottels en bedek dit met ’n lagie matglasspuitverf. Trek die stensil af. Al wat nou kort, is die kers!

Borde bo die bad Wie sê borde teen die muur is net vir die kombuis beskore en dat ’n badkamer klinies moet wees? Dié een is waaghalsig swart geverf en word die perfekte uitstalruimte vir Ouma se porselein.

Op ’n eend se rug Maak die vrolikste blompot van ’n badeendjie. Knip ’n gat aan die bokant en plant ’n plantjie wat goed in die badkamer sal aard, soos ’n usambaraviooltjie, daarin. Onthou om ’n dreineringsgaatjie te maak!














