Huis + tuin

Vars idees: Stillewes

Vars idees: Stillewes (Ed O'Riley)

Agter geslote deure

Verweerde hout en verf wat afdop skep ’n strandhuisgevoel. Dié binnekaggel is slim verbloem met oopvoudeure, terwyl ou diefwering aan weerskante die kinders se vakansiekunswerke dra.

(Ed O'Riley)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/8c23641d56f54e12b5558b652e7d47cb.jpg

Binne/buite die boks

Speel met Sedum, rotsrosies, speldekussing, aalwyn, slangbos en pampoentjieskulpies in ’n boksie, in ’n laai, neffens ’n kissie, op ’n rak … Alles in ’n sagte kleurpalet wat goed by die vakansieatmosfeer pas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/167ab36b2f4f4e65971329c4f2836bb6.jpg

Alles is blou’n Ou houttafeltjie, ’n vadoek, ’n fles, ’n beskuitpot en ’n houtboksie span saam om jou herinneringe aan ’n seevakansie te bewaar.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/094a7a55e8eb4ff9994b050c56621983.jpg

VerversingstasieEen plek waar al jou huismense dié vakansie lafenis gaan soek, is die waterkan – dis dus die perfekte plek om boodskappe te los!

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/8f4c79a79fd3489fa86f2f5d9f07597f.jpg

Op sy troontjieElemente in skakerings van die see en die somerlug herinner jou aan goeie tye. Plaas ’n paar polistireenballe wat met kouelym bedek en in skulpe en seesand gerol is bymekaar, met ’n koningsprotea wat hulle uit die hoogte dophou.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/cce6b1efb8ef42d4b1623d497c574e7b.jpg

Delft diep

As jou huis te klein raak vir al die mooi goed op jou mure, beweeg stoep toe. Hier ontmoet twee vetties uit eie bodem ’n paar ronde outjies uit Holland.

(Ed O'Riley)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6145/c6828564be234005a66cf71a996e031b.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM