V: Hoekom sou beet wat welige blare het, nie ontwikkel nie?
A: Daar kan twee redes vir die vertraagde groei wees: voeding en/of grondvoorbereiding. Probeer organiese Talborn Vita-Veg 6:3:4, wat wortelontwikkeling (juis die dele wat jy wil eet) bevorder. Andersins, as jou grond nie aan die begin goed omgewerk was en met growwe organiese materiaal soos kompos of kraalmis verryk is nie, kan die grond om die plante “vasslaan” en dan sal dit ook nie ontwikkel nie.

http://tuis.co.za/mobile/tuinmaak-mobile/voer-die-beet/attachment/8tbeet5-tif/













