Huis + tuin

Vuurpyl-feite

Is daar verskillende soorte vuurpyle wat op verskillende tye blom? Myne blom hoogsomer, maar nie ver hiervandaan nie (op Bethlehem) het hulle onlangs vol in die blom gestaan, terwyl ek in Mei verlede jaar ’n hele plaat op Kroonstad gesien het. Nog iets: Sny ’n mens die vorige seisoen se blaargroei aan die einde van die winter weg sodat hulle nuut kan uitloop?

JJ antwoord: Ons onderskei tussen twee hoofgroepe vuurpyle: Kniphofia praecox is winterblommend, terwyl Kniphofia uvaria in die somer blom. Jy hoef net die blare af te sny as hulle lelik raak – los hulle andersins aan die plant.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/44209064c4c84f80984d3962947fb275.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM