Huis + tuin

Wees voorbereid!

(Francois Oberholster)

’n Leser wil die teëls op haar kombuisvloer verwyder en dit met ’n sementvloer vervang wat sy dan wil verf. Maar hoe kry sy die basis gelyk?

Ashley Stemmett se raad is dat sy ’n selfnivellerende afvlaklaag (een wat self gelyk gaan lê) oor die hele oppervlak aanwend. Dié lae is gewoonlik net 3–4 mm dik en nie eintlik geskik as finale vloerlaag nie; ’n sterker afvlaklaag moet bo-oor aangebring word. Wanneer jy ’n afvlaklaag verf, moet die oppervlak stewig wees, sonder enige teken van sementskuim (wat op verbrokkeling kan dui). Die oppervlak moet droog wees, met ’n voginhoud van hoogstens 10% (meet dit met ’n goedgekeurde vogmeter). Dis raadsaam om die oppervlak met suur te ets en dan Earthcote Penetrating Primer as onderlaag aan te wend, aangesien ’n baie droë, poreuse afvlaklaag die produk gaan opsuig en ’n onegalige voorkoms tot gevolg sal hê. Kry nog raad by jou naaste Midas Earthcote-winkel.

(Francois Oberholster)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wees-voorbereid/attachment/0412fostanfordwhite-68/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM