Huis + tuin

Wit en verweer

(Francois Oberholster)

Inkopielys

• meubelstuk wat jy wil verf (dalk het jy reeds iets in jou huis – donker hout werk goed)

• Annie Sloan Chalk Paint in die kleur(e) van jou keuse

• Annie Sloan Clear Wax

• handvatsels

Plus

• growwe skuurpapier (80- of 100-grint)

• houtvuller

• maskeerband

• lappe of ’n groot droë kwas vir afstof

• ’n fotostaat van die afbeelding wat jy op die meubelstuk wil oordra

• ’n vel deurslagpapier

Gereedskap

Kwaste van verskillende groottes, onder meer ’n fyn kunstenaarskwassie

Projeknotas

• Ek het die Annie Sloan Chalk Paint in die kleur Old White (halwe blik) vir die buitekant van die kas gekies.

• Verf gerus die binnekant van die kas in ’n ander kleur (ek het ’n mengsel van Antibes Green- en Louis Bluemonsters gebruik). Kies ’n kleur waarvan jy baie hou, maar wat jy nie noodwendig op die buitekant van die meubelstuk wil verf nie. Daardie paar oomblikke van heldergeel of pienk sien wanneer jy die deur of laai oopmaak, sal ’n glimlag op jou gesig sit.

• Soms slaan jou projek ’n ander rigting in as wat jy beplan het – sommer nog terwyl jy daarmee besig is. ’n Meubelstuk het soms ’n manier om in my oor te fluister hoe hy wil lyk!

1 Haal die bestaande handvatsels af. Stof die meubelstuk af en vul enige gate met houtvuller.

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wit-en-verweer/attachment/before-1-2/

2 Besluit op ’n kleur en verf die kas. Ek wou ’n ruwe voorkoms hê en het daarom sommer in verskillende rigtings geverf. Een laag sal die meubelstuk se kleur nog effens kan laat deurskyn, wat goed werk vir dié voorkoms.

(Francois Oberholster)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wit-en-verweer/attachment/1-60/

 3 Sodra die kas droog is (binne minute op ’n warm dag) kan jy die growwe skuurpapier neem en al die rande en hoeke skuur om die hout daaronder te laat uitkom. Fokus op plekke waar die verf van nature sou verweer. Teen dié tyd is die skuurpapier nie meer so grof nie, sodat jy ook liggies daarmee oor die plat dele kan skuur vir ’n ligter verweerde effek. Stof die meubelstuk goed af – daar sal baie fyn stof wees.

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wit-en-verweer/attachment/3-59/

4 Besluit waar jy die “prentjie” op die meubelstuk wil plaas. Plak dit op ’n stuk deurslagpapier en plak dan die hele ding met stukkies maskeerband op die kas vas om te sorg dat dit nie rondskuif nie – maak seker die swart kant van die deurslagpapier is teen die houtoppervlak. Trek al die lyne van die prentjie na met ’n skerperige voorwerp en dra dit so op die hout oor. Werk sommer vryhand – dit hoef nie 100% presies te wees nie.

(Francois Oberholster)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wit-en-verweer/attachment/4-54/

 5 Besluit op ’n kleur en verf nou met die kunstenaarskwas bo-oor al die lyne. Ek hou van die sketserige lyne wat dan steeds onder die verflyne sigbaar sal wees.

(Francois Oberholster)

http://tuis.co.za/doen-dit-self/wit-en-verweer/attachment/5-52/

Ter afronding

Laat weer droog word en seël die hele meubelstuk met Annie Sloan Clear Wax. Wend dit met ’n katoenlappie of ’n Annie Sloan-verfkwas aan. Werk dit goed in. Indien jy ’n satynafwerking wil hê, vryf die meubelstuk daarna effens op.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM