Plant ysterkruid (Verbena) op ’n plekkie wat daagliks minstens agt uur direkte sonlig kry en sorg dat die grond goed dreineer – dan sal dié pragtige plante nie sommer siektes opdoen nie. Gee jou saailinge ’n voorsprong met komposryke grond en maak hulle gereeld nat terwyl hulle gevestig raak. Wanneer die plantjies sowat 15 cm hoog is, kan jy hulle eenmalig bemes met ’n gebalanseerde stadigvrystellende misstof. Daarna moet jy die plantjies net natmaak wanneer die grond minstens 1 cm diep uitgedroog het. Ysterkruid is ideaal vir hangmandjies, potte, rotstuine en beddings, en is te kry in verskeie kleure soos mauve, pers, pienk, appelkoos, rooi en selfs in twee kleure. Verwyder gereeld dooie blomkoppe om die vorming van nuwe blomme aan te moedig.

http://tuis.co.za/tuindagboek/ysterkruid/attachment/verbena/













