Leef

Julle sê: Het ek maar geweet . . .

Ter illustrasie
Ter illustrasie (Foto: Atlantic Ambience/pexels.com)

Ek het ook gedink my kinders sal nooit ’n ernstige ongeluk oorkom nie. Die een oomblik was my seuntjie (toe ses jaar oud) langs my. Die volgende oomblik het hy reg voor ’n voertuig ingehardloop.

Ons besef nie altyd dat kinders impulsief is en dinge doen sonder om te dink nie. Dit het my laat besef hoe vinnig dinge verkeerd kan gaan.

Ons word nie met wysheid gekroon die dag as ons kinders het nie. Ons glo alles gaan oukei wees. Die probleem is ons weet nie hoe baie ons nie weet nie!

Hy het skedelbreuk en harsingskudding opgedoen, maar gelukkig heeltemal herstel. Ná sy ongeluk het ek gevoel daar moet iets positiefs hieruit voortspruit. Kinders verdien ’n veilige leefwêreld waar hulle sorgloos kan speel en leer.

Die boekie Lief vir jou kind gee praktiese wenke aan ouers om hul kinders (van een tot tien jaar) veilig te hou. Die onderwerpe, van water- en padveiligheid tot boelies, honde en vreemdelinge, is deeglik nagevors.

Aspekte soos hoekom honde byt en hoe ek weet my kind word geboelie of gemolesteer word onder meer bespreek. Dit is nie genoeg om vir jou kind te leer om nie na ’n vreemdeling te gaan nie.

’n Studie het getoon dat agt uit tien kinders wel na ’n vreemdeling gegaan het! Ek het geweldig baie geleer en was verstom oor hoeveel gevare elke dag in ons kinders se leefwêreld skuil. Dinge wat soms voor die hand liggend is, maar waaraan ons nie dink nie.

Beskikbaar in Afrikaans of Engels (Love your Child) teen R100 vir die digitale uitgawe en R210 gedruk: WhatsApp 082 3261 836. Jeanli Smit, Stellenbosch
Beskikbaar in Afrikaans of Engels (Love your Child) teen R100 vir die digitale uitgawe en R210 gedruk: WhatsApp 082 3261 836. Jeanli Smit, Stellenbosch

Lief vir jou kind sal jou help om jou kind na die beste van jou vermoë te beskerm.

Jeanli Smit, Stellenbosch

Skryf aan SARIE

  • Skryf aan SARIE, Julle sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos aan: sarie@sarie.com.
  • Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort.
  • Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie.
  • Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat.
  • Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie.
  • En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.