- 3 - gaar bete, dungesny
- 6 - aarbeie, dungesny
- 200 g - romerige bloukaas, gekrummel
- 125 ml - mascarpone
- - varsgemaalde swartpeper
- - ment- en basilie-mikroblare
1 Voer 'n broodpan of vorm met kleef-plastiek uit. Pak 'n laag beet en aarbeie; laat hulle effens oorvleuel om 'n soliede basis te vorm.
2 Meng die bloukaas en mascarpone en skep die helfte daarvan versigtig op die beet; druk dit vas in 'n egalige laag.
3 Strooi die peper en kruie oor voordat jy nog 'n laag beet en aarbeie byvoeg.
4 Skep die res van die kaas bo-op - smeer dit weer glad - en eindig met 'n laaste laag beet en aarbeie. Om voor te sit, keer die pan om op 'n mooi dienbord en haal die kleefplastiek af. Garneer met ekstra peper en kruie en sit voor met melba-roosterbrood of kraakbeskuitjies.













