Maak 350 ml | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
- 2 eetlepels tamatiepasta
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 2 eetlepels worcestersous
- 2 eetlepels sojasous
- 1 eetlepel rooiwynasyn
- 2 knoffelhuisies, gekap
- ½ teelepel gerookte paprika
- ½ teelepel fyn komyn
- 2 eetlepels heuning
- ½ koppie olyfolie
- gemaalde seesout na smaak
- gemaalde swartpeper na smaak
Só maak jy
1. Gooi al die bestanddele in 'n klein potjie en laat dit vir 20 minute sonder 'n deksel oor matige hitte prut. Roer die mengsel nou en dan, en verlaag die hitte as dit begin aanbrand.
2. Gebruik 'n staafmenger en pols die sous tot glad. Indien jy 'n dikker tekstuur verkies, kan jy die sous 'n bietjie langer laat prut.













