Kos + wyn

Braaisnoekpatee

Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 250 g oorskietbraaisnoek
  • ½ houer (115 g) suurroom
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 'n hand vol vars pietersielie, fyngekap
  • 'n hand vol sprietuie, fyngekap
  • 1 eetlepel Dijon-mosterd
  • sout en swartpeper

Só maak jy

  1. Vlok die snoek in klein stukkies en maak seker jy haal al die grate uit.
  2. Meng die snoek met die res van die bestanddele en geur dit met sout en peper.

Weg Ry & Sleep sê: Sit die patee voor met geroosterde Franse brood, eet dit op soutbeskuitjies of bak 'n brood op jou kampvuur.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM