Kos + wyn

Gevulde skorsies

Foto: Francois Oberholster
Gevulde skorsies Foto: Francois Oberholster (Francois Oberholster)
  • 4 - groot skorsies
  • 15 ml - olyfolie
  • 400 g - maer maalvleis
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 250 ml - bevrore gemengde groente
  • 200 ml - klaar kaassous
  • 250 ml - gerasperde cheddar

1 Sny die skorsies middeldeur en kook in gesoute water vir10 minute of tot sag. Haal uit, dreineer en krap die pitte uit. Sitdie skorsie-"bakkies" op 'n bakplaat.

2 Verhit die olie in 'n pan en braai die maalvleis, knoffel en rissietot geurig en gaar. Roer die groente by en geur na smaak metsout en peper; sit 'n deksel op die pan en stoom vir 5 minute.

3 Voorverhit die roosterelement. Skep die vleismengsel in dieskorsies, giet die kaassous oor en rond af met 'n hand vol kaas.Bak vir sowat 5 minute of tot die kaas borrel. Sit voor met 'n slaai.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM