Kos + wyn

Maalvleis-en-lensies

Foto: Toby Murphy
Foto: Toby Murphy

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Sit dit voor in 'n warm pitabrood met blaarslaai, gebraaide eiervrug en gebraaide halloumi.

Jy benodig

• 4 eetlepels olyfolie

• 500 g lamsmaalvleis

• 1 ui, gekap

• 1 blikkie (410 g) lensies (of 2 koppies, gekook)

• 1 teelepel fyn komyn

• 1 vars brandrissie, gekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 2 hande vol babaspinasie

• sout na smaak

• swartpeper na smaak

• suurlemoensap na smaak

• 'n plukseltjie vars koljander

• Ricottakaas of Griekse jogurt na smaak

Só maak jy

1. Verhit 1 eetlepel olie en braai die maalvleis en uie daarin totdat die vleis begin verbruin. Voeg die lensies by en braai vir nog 10 minute (Maak seker jou plaat is warm genoeg - jy wil so gou as moontlik van die vogtigheid ontslae raak.)

Wikkel elke nou en dan die lekker bruingebraaide stukkies van die pan se bodem los, maar wees versigtig om nie die lensies te veel te breek nie.

2. Voeg die speserye, rissie, knoffel en die res van die olie by en braai dit vir nog 5 minute. Laat dit daarna 'n bietjie prut totdat die vog byna heeltemal weggekook het. Roer nou die spinasie deur tot die blare verwelk het. Proe, en geur na smaak met sout, swartpeper en lekker baie suurlemoensap.

3. Sit dit voor met koljanderblare, 'n paar skeppies ricottakaas (of jogurt) en pitabrode.

Kry ons resep vir pitabrode hier.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM