Kos + wyn

Quinoa-broccoli-en-spekslaai

Foto: Francois Oberholster
Quinoa-broccoli-en-spekslaai Foto: Francois Oberholster (Francois Oberholster)
  • 250 ml - spekrepe, gekap
  • 125 ml - gemengde rooi en wit quinoa
  • 250 ml - hoenderaftreksel
  • - sowat 120 g peulertjies
  • - sowat 120 g langsteelbroccoli
  • 125 ml - romerige mayonnaise
  • 15 ml - suiker
  • 45 ml - appelasyn
  • - ’n bossie grasuie, gekap
  • 125 ml - pekanneute, gerooster en gekap
  • 2 - koppe cos- of ander bros blaarslaai

1. Braai die spek in 'n pot met 'n digsluitende deksel tot lekker bros, sonder om enige olie by te voeg. Skep die spek uit, maar behou die vet in die pot. Roer die quinoa by en roer deur. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Draai die hitte af en laat prut rustig vir sowat 20 minute of tot gaar.

2. Blansjeer die ertjies en broccoli deur dit vir 'n minuut of twee in kookwater te dompel en daarna in yswater te verfris. Jy kan dit ook stoom as jy dit minder bros verkies. Klits die mayonnaise, suiker en asyn saam en geur met sout en peper.

3. Om saam te stel, meng die groente met die quinoa en mayonnaise, strooi die spek, grasuie en neute oor. Breek die blaarslaai in afsonderlike blare en maak seker dit is gewas en goed droog. Skep die slaai in die blaarbakkies of meng eenvoudig die blare deur. Smul dadelik voor dit pap word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM