Kos + wyn

Romerige aartappelgebak

Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley
  • 1,5 kg - middelslag-aartappels, gewas
  • 1 - eetlepel olyfolie
  • 200g - gerookte ham, gekap
  • 3 - groot preie, wit dele goed gewas en fyngekap
  • 3 - knoffelhuisies, fyngedruk
  • - ’n knippie vars of droë tiemie
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 - eetlepels botter
  • 1-2 - koppies room
  • ¼ - koppie hoenderaftreksel
  • ½ - koppie kaasgeur aartappeltjips (opsioneel)

Min dinge is darem so eg Suid-Afrikaans soos die immergewilde aartappelgebak! Dié een bak jy met tjips, wat sorg vir 'n lekker knars.

Só maak jy

1. Verhit die oond tot 180 ºC. Sny die aartappels in dun skywe (sommer met die skil nog aan) en kook dit vir sowat 10 minute in soutwater tot so te sê sag. Dreineer dit versigtig sodat die skywe nie breek nie, en laat dit effens afkoel sodat jy dit kan hanteer.

2. Verhit die olyfolie en braai die ham, preie en knoffel saam totdat die preie deurskynend is. Geur die mengsel met die tiemie en sout en peper na smaak.

3. Smeer 'n oondvaste oondpan of swartpotjie met die botter. Geur die skywe gaar aartappelskywe met sout en peper na smaak en rangskik dit in 'n spiraalvorm in die pan of pot met die preiemengsel tussenin. Klits die room en aftreksel saam en giet dit bo-oor. Die aartappelskywe moet amper bedek wees, met net die puntjies wat uitsteek. Bak dit in 'n warm oond vir sowat 1 uur. (Of in 'n swartpot met 'n deksel oor matige kole - onthou 'n paar kooltjies op die deksel.)

4. Krummel die aartappeltjips oor die aartappels net voor jy dit voorsit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM