Lewer ongeveer 1 middelslag-ringkoek / Bereiding: 30 min. / Gaarmaak: ongeveer 1 uur
Die beet verseker dat die koek klam bly.
250 ml (1 k) gerasperde geskilde rou beet
15 ml (1 e) asyn
310 ml (1¼ k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
15 ml (1 e) kakao
2,5 ml (½ t) sout
2 eiers
250 ml (1 k) ligbruinsuiker
180 ml (¾ k) olie
Afronding
’n bietjie kakao, vir oorsif
versiersel van jou keuse (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslag-ringkoekpan met kossproei.
1. Meng die gerasperde beet en asyn. Hou eenkant.
2. Sif die koekmeel, bakpoeier, kakao en sout saam.
3. Klits die eiers en bruinsuiker tot skuimerig. Giet die olie by en klits goed. Voeg die gesifte droë bestanddele by en roer tot goed gemeng.
4. Voeg die beet by en meng liggies. Skep die beslag in die ringkoekpan en smeer liggies glad bo-op.
5. Bak 45-50 min. in die verhitte oond of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
6. Laat die koek 10 min. in die koekpan afkoel en keer versigtig op ’n draadrakkie uit. Laat heeltemal afkoel.
7. Afronding Sif ’n bietjie kakao oor die koek, en drup versiersel oor, indien verkies. Sny in porsies en sit voor.
1630







