Kos + wyn

Tuisgemaakte pitabrode

Foto: Toby Murhphy
Foto: Toby Murhphy

Vir 8

Voorbereityd 30 minute plus rystyd

Gaarmaaktyd

5 minute

Jy benodig

• 2½ koppies meel

• 1 pakkie 10 g-kitsgis

• 1 koppie louwarm water

• 1 teelepel heuning

• 1 koppie volkoringmeel

• 1 teelepel sout

• 3 eetlepels olyfolie

Só maak jy

1. Meng 1 koppie meel, die gis en die koppie water goed saam, bedek dit met 'n vadoek en laat dit vir 30 minute op 'n warm plek staan totdat dit in volume verdubbel het.

2. Roer dan die res van die bestanddele daarby en knie dit alles baie goed saam vir sowat 10 minute - jy kan 'n deegmenger gebruik. Bedek, en laat dit weer staan om tot dubbel die volume uit te rys.

3. Knie die deeg af. Verdeel die deeg in kwarte en verdeel elke kwart in twee. Rol elke stuk deeg in 'n balletjie, druk dit met jou handpalm plat en rol dit dan met 'n koekroller dunner tot'n sirkel van sowat 15 cm in deursnee.

4. Sprinkel 'n bakplaat met 'n bietjie meel of mieliemeel en pak die deegsirkels daarop uit. Bedek, en laat dit 30 minute staan.

5. Die pitabrode kan nou in 'n baie warm oond van 220°C gebak word of op 'n rooster of pizzasteen in 'n baie warm ketelbraai met die deksel op. Bak die brode vir 2 minute tot opgepof, draai dit dan om en bak vir nog 1 minuut tot die anderkant ook 'n kleurtjie kry.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM