Motors

5 slim eienskappe van die nuwe Renault Captur

5 slim eienskappe van die nuwe Renault Captur

Renault het pas 'n dieselmodel in sy gewilde Captur-reeks bekendgestel. Charles Thompson het gaan kyk watse slim eienskappe dié klein nutsvoertuig in sy binneruim het.

1. Die voorste sitplekke kry netjiese oortreksels om die bekleedsel te beskerm. Jy kan hulle op en af rits en in die wasmasjien gooi as dit vuil is.

2. Jy kan die bodem van die kattebak halfpad oplig en daar vasmaak. Dit gee jou 'n plastiekbedekte deel onder waar jy jou vuil stapskoene kan gooi sonder om jou inkopiesakke in die boonste deel te besmeer. Jy kan die bodem ook omkeer op sy plastiekkant as jy die hele kattebak vol vuil bagasie wil pak.

3. Nes talle ander Renault-modelle is die sleutel 'n dun kaart wat maklik in jou broeksak ingly. Om die voertuig aan te skakel, druk jy die kaart in 'n gleuf en druk die Stop/Start-knoppie.

4. Met die gebruik van die Eco-knoppie (en rustige rywerk, natuurlik) reken Renault jy kan so min as 3,6 liter/100 km verbruik. Dis omtrent so min soos party hibriede voertuie.

5. Al kos die Renault rondom R290 000, is die navigasie- en multimediastelsel standaard. Jy kan ook 'n App aflaai om die stelsel met jou foon te integreer, internetradiostasies daardeur te luister en selfs Apple se Siri-stemherkenningstelsel daardeur te gebruik.

Charles Thompson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM