Die mededinging raak ál strawwer en Mitsubishi het besluit om die huidige Pajero ’n bietjie meer spierkrag te gee. Jaco Kirsten vertel ook van ’n paar ander nuutjies.In ’n neutedop:Die motorwêreld is erger as die Koue-oorlogse wapenwedloop: Knip jou oë enjou teenstanders het jou verbygesteek.Die gewilde diesel-Pajero, die 3,2 liter DI-D viersilinder-turbodiesel, was vir ’n hele paar jaar mans genoeg in die mark, maar nou moes Mitsubishi daai enjin veel meer woema gee om naastenby by sy teenstanders te hou.Kyk na die syfers: Die ou Pajero-enjin – 121 kW en 373 Nm – het ’n aansienlike 59 kW minder as die Discovery 4 – 180 kW en 171 Nm – uitgeskop!Dit was genoeg om ’n bebrilde Japsnees in Mitsubishiland uiters senuagtig te maak. Die nuwe V6-turbodiesel-Nissan in die Pathfinder en Navara pomp ’n kordate 170 kW en 550 Nm uit.Mitsubishi het dus pas die Pajero se krag en wringkrag van die 3.2 DI-D na onderskeidelik 140 kW en 441 Nm opgestoot.Die ander groot verandering is binnelangs waar die Pajero ’n groot raakskerm gekry het met ’n navigasiestelsel en vermaaksentrum (oftewel die Mitsubishi Integrated Communications System). Die interessante feit is dat dit deur Planet Electronics ontwikkel en verskaf is, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat soortgelyke stelsels vir verskeie fabrikate verskaf.Die GPS gebruik Garmin se Garmap-kaarte en jy druk eenvoudig jou Garmin-GPS se SD-geheuekaart in. Die ander slimmighede van dié stelsel is ’n RDS-radio (oftewel ’n radio wat self die stasies soek en instel), Bluetooth vir jou foon, en jy kan al die moontlike formate musiek luister en flieks daarop kyk. En jy kan natuurlik jou iPod daarin prop.Terloops, Planet Electronics kan dié stelsel ook in ’n vorige geslag Pajero inbou.Nog ’n nuwe opsie wat jy kan bestel, is ’n banddrukmonitor waarmee jy elke band se druk in die ry op die skerm kan dophou.En as jy ’n bietjie verder krap:’n Paar dinge maak die Pajero anders: Eerstens is dit een van die min “behoorlike” veldryers met ’n hoë- en laestrekratkas wat ’n buisraamonderstel het in plaas van die meer algemene leerraamonderstel.Dit beteken hy’t nie ’n tradisionele chassis met die bakwerk wat bo-op sit nie, maar die onderstel is ’n geïntegreerde deel van die bakwerk.Hy’s dus nie so “hard” nie, aangehelp deur die feit dat hy onafhanklike vering voor en agter het. Dit kan pla oor hoë klippe, maar ’n vaardige bestuurder (veral as jy ’n pensplaat en hoër vering aangebring het) kan amper enigiets in ’n Pajero baasraak.Tweedens is die Pajero se unieke Super Select 4x4-stelsel steeds een van die bestes op die mark. Die rede hiervoor is nie net dat jy in die ry (onder 80 km/h) van twee- na vierwielaandrywing kan oorskakel nie, maar in hoëstrek-vierwielaandrywing met ’n oop óf geslote middelewenaar kan ry. En vir ernstige veldry is daar altyd die laestrekverstelling wat outomaties die middelewenaar sluit.Laastens is dit een van die min veldryvoertuigreekse in SA – afgesien van die meer spartaanse Defender 90 en Jeep Wrangler – wat jou ’n kortbakmodel as opsie gee.WegRy sê:Moenie ’n Pajero vlak vat nie. Nes die meeste standaardvoertuie (buiten ’n Unimog en ’n Defender) kort hy dalk een of twee toebehore soos ’n bosbreker en pensplaat om hom reg te kry vir ernstige veldry. Maar dis interessant dat 80% van Pajero’s verkoop word aan mense wat voorheen ’n Pajero besit het.Sleutelsyfers:Enjin:3199 cc, in-gelid viersilinder, turbodiesel140 kW @ 3 800 r.p.m.441 Nm @ 2 000 r.p.m.Transmissie:Deeltydse of heeltydse vierwielaandrywinghoë- en laestrekmiddelste sluitewenaarelektroniese vastrapbeheer.Verrigting:Topsnelheid 185 km/h,verbruik – nie beskikbaar.Veldsyfers23,5 cm-grondvryhoogte39 º-naderingshoek24 º-vertrekhoek265/65 R17-bande88 liter-brandstoftenk (SWB 69 liter)2 250 kgWaarborg: 3 jaar/100 000 kmDiensplan: 3 jaar/60 0000 kmDiensinterval: 10 000 kmPrys: R624 2003.2 GLX DI-D LWB: R533 900en 3.2 GLS DI-D SWB: R523 200ONS HOU VAN:1. Die nuwe enjin se ekstra krag en wringkrag.2. Die Super Select 4x4-stelsel het ’n verstelling vir elke toestand.3. Die kortbak-Pajero is ’n goeie veldryvoertuig as jy sy enkele tekortkominge (grondvryhoogte, treeplanke) in gedagte hou.… MAAR DÍT PLA:1. Jy sal dalk moet belê in ekstra beskerming vir sy pens as jy klippe wil tem.2. Die slim Garmin-navigasiestelsel is nie versoenbaar met Tracks4Africa se kaarte nie, en jy sal dus in elk geval jou GPS moet saamvat as jy die boendoes invaar.
Oorspronklik gepubliseer in WR#20 | Augustus-September 2010












