Motors

Ballade vir ’n drenkeling

Het jy al 'n Toyota Cruiser-duikboot gesien? 'n Paartjie by 'n 4x4-dag by die Laerskool Hekpoort in Krugersdorp het hulle 'n bietjie met die watervlak in die Magaliesrivier misgis. Die bestuurder het die Cruiser in laestrek gesit en die water voel-voel binnegegaan, maar die rivier was heelwat dieper as wat dit van die kant af gelyk het. En … Oeps!

Die enigste skade was egter aan brose ego's. Nadat die Cruiser agteruit gesleep is teen die wal uit, het die bestuurder hom weer aan die gang gekry. Die enigste nagevolge was 'n paar nat sitplekke en 'n rooi gesig.

Neurie saggies: "We all live in a yellow submarine."

Nota aan self: Stap maar altyd eers die waterhindernis. Dalk is 'n Cruiser in 'n ander kleur as duikbootgeel minder gelukkig.

Het jy al 'n Oeps! beleef? Stuur jou foto's en die storie na redakteur@wegry.co.za!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM