Daar is bitter min middelslag- Suid-Afrikaanse familieswaar daar nie in die afgelope 50 jaar êrens 'n Corolla diens gedoen het nie.
Eers die sedan en toe later die Corolla Conquest-luikrughet ons paaie oorheers - goed geboude, betroubare en bekostigbare wiele vir dienasie.
Maar die heerskappy van sedan- en luikrugmotors is op 'neinde. As die koning nog nie dood is nie, skuifel hy tree vir tree nader aan systerfbed want sy opvolger is reeds aangewys.
Sy naam is die kompakte sportnutsvoertuig - 'n klas gesinsmotormet meer spasie, meer grondvryehoogte en 'n hoër, gemaklike sitposisie agterdie stuur.
Gewilde motors soos die Hyundai Creta, Ford EcoSport,Volkswagen T-Cross, Renault Duster en die Mazda CX-3 verkoop soos soetkoek.

Nou het hulle rede om ietwat angsbevange oor hul skouerste loer na die reus genaamd Toyota, en meer spesifiek die Corolla Cross, wat ophulle afgestorm kom.
Die erns waarmee Toyota die motor benader, blyk uit diehoeveelheid motorjoernaliste wat na die bekendstelling genooi is.
Altesame 35 splinternuwe Corolla Crosses het dieparkeerarea van die Mount Nelson Hotel in Kaapstad volgestaan, genoeg vir 70motorjoernaliste om hulle te toetsbestuur.
Dit was maklik die grootste motorbekendstelling van diejaar!
Die Cross word ten volle in Toyota se Prospecton-aanlegin Durban gebou met twee enjinkeuses - 'n konvensionele petrol-1,8-liter wat103 kW se krag en 173 Nm se wringkrag lewer en 'n hibriede 1,8-liter-model wat met'n elektriese motor gekombineer word.
Dit is die eerste hibriede motor wat in Suid-Afrika gebouword, en dit was die eerste een agter wie se stuur ek ingeskuif het.
Tussen die twee enjins was die hibriede model mygunsteling. Die elektriese enjin is sag op die oor (dit het my 'n paar sekondesgeneem om te besef die voertuig is reeds aangeskakel), en die versnelling isglad en vinnig danksy die ekstra wringkrag wat deur die elektriese motorverskaf word.
Omdat die batterypak van die motor deur die petrolenjinen herwinde remmingskrag herlaai word, het jy nie nodig om die motor êrens inte prop soos met 'n ten volle elektriese motor nie.
Toyota beweer sy brandstofverbruik is 4,3 liter per 100km, heelwat minder as die 6,8 liter van die konvensionele petrolenjin.

Op ons toetsrit vanaf Kaapstad deur die Swartland enBoland was dit veral die gemak van die rit, die afwerkingsvlakke, ruimtebinnelangs en standaard-gemakstoerusting wat beïndruk het.
Moenie 'n verrigtingsmotor verwag nie. Dié outjie is 'n gerieflikegesinsmotor waar die enjin en die palwisselratkas doeltreffende eerder asbuitengewone kraglewering bied.
Die Cross is beskikbaar in drie afwerkingsvlakke met dieintreevlak Xi wat begin by R350 000 en die luukse XR Hybrid (met ekstrassoos sagte leersitplekke en 18-duim allooiwielvellings) wat by R450 000gaan draai.

Al die modelle het 'n rits veiligheidstelsels sooslugsakke vir die bestuurder, passasier en kantlugsakke, stabiliteitsbeheer,ABS-remme, 'n elektroniese remstelsel, ISOFIX-ankerpunte vir kinderstoeltjies,deure wat vanself sluit en 'n teendiefstalstelsel as standaard ingesluit.
Al probeer die Cross 'n bietjie pronk met 'n grootsierrooster, bufferstroke langs die kante en moderne, skerp lyne gaan hy nienoodwendig uitstaan in 'n see van motors by die winkelsentrum nie.
Maar sy voorkoms gaan jou ook nie jou kop in skaamte laatsak nie.
Sy voorgangers, die Corolla luikrug en sedan, se mantelshet dalk lankal uitgerafel maar ons voorspel die Cross gaan binnekort die troonbestyg as een van Suid-Afrika se topverkopers.
Die koning is dood. Lank lewe die koning!
Toyota Corolla Cross 1.8 Xr Hybrid
Enjin 1 798 cc petrol hibriede
Krag 72 Kw @ 5 200 r.p.m.
Wringkrag 142 Nm @ 3 600 r.p.m.
Ratkas Palwissel-ratkas (CVT)
Brandstofverbruik (beweer) 4,3 l /100km
Grondvryhoogte 161 mm
Waarborg 3 jaar / 100 000 km
Diensplan 6 jaar / 90 000 km
Diensintervalle 15 000 km/12 maande
Waarborg op hibriede battery 8 jaar/195 000 km
Prys R448 300













