Reis

Aftrekplek: Four Cousins-restaurant

Kom sit aan in die blinknuwe proelokaal en kyk eers die proespyskaart goed deur - hier's keuses in oorvloed: Die vier neefs het omtrent gewoeker. Deesdae maak hulle - buiten wyn en vonkelwyn - ook boetiekbier (Boet-bier) én whiskey. Die Zari-reeks nie-alkoholiese wyn is ook hier te koop.

Die proekombinasies van wyn, whiskey, bier... en allerlei versnaperinge is te prettig - van biltong en olywe tot Turkse lekkers en Zoo-koekies! Hier's ook 'n proekombinasie vir kinders, met druiwesap en jellielekkers (R35).

Daarna kan julle aanstap na die restaurant vir 'n alkoholiese melkskommel - 'n Marshmallow Pop (R45) of Cookies & Cream (R45) - en pizzas, hamburgers, wraps, slaaie, steak, calamari... glo my, almal aan die tafel se kos lyk ewe smaaklik!

Sit binne of buite onder groot koeltebome terwyl die kinders op klimrame en 'n John Deere-trekker speel. Ná ete bring die kelnerin saam met die rekening 'n glasie rooi muskadel - op die huis!

Oop

Proelokaal:

Weeksdae:08:30-17:30

Saterdaeen openbare vakansiedae: 09:30-16:00

Sondae:11:00-15:00

Restaurant:

Weeksdae:08:30-21:30

Saterdaeen openbare vakansiedae: 09:30-21:30

Sondae:08:30-17:30

Kontak 023 615 1505; info@fourcousins.co.za; fourcousins.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM