By Mount Horeb Manor is jy egter gewaarborg van drie dinge. Ten eerste gaan iemand jou vriendelik verwelkom (soos die eienaar, Ursula Marx, of een van haar span); ten tweede gaan jy lekker eet; en dan is jy boonop ook verseker van 'n mooi uitsig oor die berge - veral berg Horeb, waarna die gastehuis genoem is, en die Maluti's in die verte, waaragter Lesotho lê.
Dis ook net ver genoeg uit die middedorp dat dit saans stil is - maar steeds naby genoeg dat jy maklik te voet na 'n restaurant of koffiewinkel langs die dorpsplein kan stap.
Hier is ses kamers, elk met slaapplek vir twee mense. Al die eenhede is luuks ingerig met groot dubbelbeddens, DStv, lugversorging en geriewe soos 'n yskassie, en koffie-en-teestasie (nie ingerig vir selfsorg nie).
Mount Horeb Manor is perfek vir 'n bederfnaweek in die berge, veral as dit net jy en jou geliefde is wat vir 'n slag op julle eie wil wegbreek.
Slaap laat en gaan sit ná ontbyt met 'n boek op die stoep. Clarens is skaars drie uur se ry van Johannesburg en Bloem af - selfs Durban is net 'n raps verder as vier uur weg.
Dalk is jy gelukkig en vang 'n sneeudag in die winter...
Waar? Roosstraat 139
Kontak: 076 392 2605 (Ursula); http://www.horebmanor.co.zahorebmanor.com
Hierdieartikel het oorspronklik in Mei 2019 verskyn. Feite en geite kon intussenverander het - laat weet gerus by digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.http://www.horebmanor.co.za













