Haar man, Jan, het gehelp om die ou plaaswinkel en waskamer op hulle werf (digby 'n kremetartboom...) te omskep in die Bosveld-boekekamer, 'n bymekaarkomplek vir mense van die omgewing (Groblersbrug, Tom Burke, Swartwater) waar boeke gelees en geleen kan word, amper soos 'n plaas-biblioteek!

Indien jy boeke en tydskrifte (dalk van jou ou uitgawes van Weg) wil skenk, kontak vir Frieda by friedaloots@gmail.com - sy is veral op soek na kinderboeke, Afrikaanse boeke, en biografieë, maar enige relevante boeke is welkom!













