Reis

Die grootste burgers in die Oos-Kaap?

(Michael le Grange)

As jy nog nie planne het vir aandete vanaand nie, mik vir die Emthombeni-restaurant in die Inkwenkwezi-privaatnatuurreservaat, sowat 45 km noordoos van Oos-Londen.

Woensdagaande is burgeraand by die restaurant. Ons praat nie hier van 'n Big Mac nie, maar 'n burger so groot soos 'n sjokoladekoek. Dié 300 g-bief- (of hoenderburger vir die vegetariërs) kos tussen R65 en R85 en is eintlik effens onbeskof. Bo-op word nog 'n hoop skyfies gepak, en vir 'n ekstra R15 kry jy 'n sous bo-oor alles. Jy gaan beslis nie honger slaap nie!

As jy twee van dié burgers binne twee ure kan baasraak, wen jy 24 kiste bier. In die sewe jaar wat die aanbod geld, was daar nog elke jaar 'n wenner. Hulle het net een wenner per jaar en daar was al 'n wenner vir 2016, maar miskien is 2017 jóú jaar.

Inkwenkwezi-privaatwildreservaat 043 734 3234; www.inkwenkwezi.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM