Kom kyk Saterdag en Sondag hoe mense van onder meer Engeland, Duitsland en Maleisië byna enigiets laat vlieg - van visse en drake tot dinosourusse.
Bring die gesin vir 'n dag van pret - al die geld wat ingesamel word gaan aan die organisasie Cape Mental Health.

Julle hoef nie net te kyk nie: Hier is gratis vlieërmaakwerkwinkels vir kinders en volwassenes. Hier's ook ritte, 'n speelplek vir kleuters, 'n kosmark en mense wat musiek maak.
Bring gerus piekniekgoed saam, maar los eerder die honde by die huis.
Waar? Zandvlei-natuurreservaat. Muizenberg (hoek van Azminster en The Row). Hier sal baie parkering wees en jy kan ook maklik met die trein hier uitkom (klim af by die Valsbaai- of Muizenbergstasie).
Wanneer? Saterdag en Sondag 28 en 29 Oktober
Tyd 10 vm.-6 nm.
Koste R40 p.p. (R15 vir kinder jonger as 12)
Koop kaartjies by die hek of quicket.co.za














