Reis

Doendinge: Leer van langnekke tot skillies

Doendinge: Leer van langnekke tot skillies

Bydie Giraffe House Wildlife Awareness Centre op Stellenbosch is Gerry, diekameelperd, een van die bekendste inwoners. Hy kou salig sy blare terwyl jullefoto's vat. Hier is ook ander diere soos sebras, Kaapse jakkalse en bontebokke.En ougat meerkatte en groottand krokodille.

Die doel van die sentrum is opvoedingen skoolgroepe is welkom. Oor naweke en in vakansies word hier interaktiewe aktiwiteiteaangebied. Jy kan onder meer 'nbrulpadda en koringslang met die hand groet… en natuurlik 'n selfie neem.

Hier is nie 'n restaurant nie, maar 'nkiosk vir koeldrank, lekkers en skyfies. Besoekers is welkom om 'npiekniekmandjie in te pak. Hier is ook klimrame en swaaie vir speel as dieeekhorings 'n middagslapie vat. En as Emma die uitstappie weer wil doen, kan Mareël dat haar volgende verjaardagpartytjie hier gehou word - tref voorafreëlings.

Onthoudie hele sentrum is oop en in die veld - dra dus gemaklike skoene en bring 'nsonhoed in die somer.

Waar? Ongeveer 39 km buite Kaapstad. Vat die39-afdraai van die N1 af na die R304 en links op die R101 - jy sal dieaanwysingsbordjies sien.

Koste: R55 vir grootmense, R35 vir kleinmense(2-15 jaar), en R40 vir Ouma.

Oop: 9 vm.-5 nm. (Elke dag buiten Kersfees) Kontak hulle ook net vooraf omte hoor of daar nie spesiale aanbiedinge is nie.

Kontak: 021 884 4506 of gaan na facebook/GiraffeHouseWildlifeCentre; www.giraffehouse.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM