Reis

G-klas groet (amper)

Dit sal bekend staan as die Final Edition.

Dié dubbelturboaangejaagde 6 l-V12- enjin skop 'n allemintige 463 kW en 1 000 Nm uit. Al trek hy die skaal verby 2,5 t kan hy van wegtrek af binne 5,3 s die 100 km/h-merk haal.

Met sy drie ewenaarslotte, ordentlike grondvryhoogte en onderstel se vermoë is die G65 so te sê onstuitbaar in die veld. Sy waaddiepte is 600 mm, hy het 'n 22°-oorbruggingshoek en 'n nader- en vertrekhoek van 27°. Dié beperkte reeks kry 'n brons afwerking op die laer dele van die bakwerk, die sierrooster, 21"-vellings, buitespieëls en op die AMG-naamplaatjies.

Die treetrappe en die punte van die uitlaatpyp is swart; binne kry die swart leerbekleedsel bruin stikwerk; en op van die panele kom brons afwerking.

Lees nog nuusbrokkies uit ons Desember-uitgawe hier.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM