Oudtshoorn en De Rust is geleë in die semi-droë Klein-Karoo-streek in die Wes-Kaap, net noord van die skilderagtige Tuinroete. Oudtshoorn en omstreke kan bereik word via die pragtige Meiringspoort-pas op die N12-roete, en dit is ook deel van die bekende Route 62 - die langste wynroete ter wêreld wat van Kaapstad tot Gqeberha strek.
Dis egter nie net die verstommende ritte wat hierdie streek die eerste keuse vir jou volgende gesinsvakansie maak nie. Oudtshoorn en De Rust is genestel tussen die majestueuse Swartberge en Outeniqua-bergreeks, wat asemrowende panoramas en onvergeetlke avonture tydens jou verblyf sal verseker.
Oudtshoorn laat jou dink aan die KKNK, volstruisplase en grotte. De Rust het 'n historiese reputasie as 'n rusplek vir reisigers voor hulle die nabygeleë Swartbergpas aanpak. Dit verskaf die perfekte balans tussen avontuur en rustigheid tussen hierdie twee dorpe.
Die streek is ook 'n ekologiese brandpunt en die sameloop van drie afsonderlike plantbiome: die Karoo-vetplante, die Kaapse ruigtes en fynbos. Hierdie biome kom in die Swartberge bymekaar en vorm die Kaapse Wêrelderfenisgebied vir Plante.
Met 'n lae jaarlikse reënval is Oudtshoorn en De Rust die ideale gebied vir buite-aktiwiteite soos voetslaan, fietsry en die verkennng van natuurwonders. Dis 'n streek wat werklik iets in almal se smaak aanbied - van verskeie avontuur-uitstappies tot rustige sonsondergange tesame met plaaslike wyne en kookkuns.
Vertrek op die Swartberg-sirkelroete

Indien jy genoeg tyd het, oorweeg dit om die Swartberg-sirkelroete te verken, 'n asemrowende rit wat jou vanaf Oudtshoorn of Calitzdorp oor die Swartbergpas en deur Meiringspoort na die dorpe De Rust, Klaarstroom en Prins Albert neem.
Elkeen van hierdie vier dorpe kan as beginpunt op die roete gebruik word, en jy kan die roete kloksgewys of anti-kloksgewys volg. Roetes langs skilderagtige agterpaaie sluit in Oudemuragie, Vergelegen, Lategansvlei, Groenfontein, Kruisrivier en Langverwacht.
Hierdie roete verskaf 'n vermenging van avontuur, 'n verskeidenheid kulinêre ervarings, 'n tikkie kulturele rykdom en 'n algehele gevoel van behaaglikheid. Let daarop hoewel sekere dele van die Swartbergpas grondpad is, kan jy in goeie weerstoestande met enige voertuig daarop ry. Besoek hul webwerf om meer uit te vind oor wat om te doen, waar om te eet, waar om oor te bly en wat te sien is.
Vaar die dieptes van die Kangogrotte in

Oudtshoorn is die tuiste van Afrika se grootste vertoon-grotstelsel, die asemrowende Kangogrotte. Hoewel volgens oorlewering geglo word die grotte is regdeur die voorgeskiedenis oor 'n lang tydperk in die Middeleeue en laaste deel van die Steentydperk gebruik, is die Kangogrotte in 1780 herontdek en word dit as 'n argeologiese en historiese hoogtepunt in die Klein-Karoo en Tuinroete beskou. Die grotstelsel, geleë in die Swartberge, 30 km noord van Oudtshoorn, bestaan uit 'n reeks versteekte kamers wat diep in digte kalksteen-rotsformasies inloop.
Begeleide toere van die grotte word met gereelde tussenposes aangebied: Die Erfenistoer is geskik vir alle ouderdomme en fiksheidsvlakke en die Avontuurtoer is gerig op mense wat nie omgee om deur smal gangetjies te kruip nie.
Besoekers kan ook by die Vertolkingsentrum in die grotte se geskiedenis ronddelf, in die Curio-winkel lees oor 'n musiekversameling, kunswerke, artifakte, edelstene en Suider-Afrikaanse literatuur, en ook 'n heerlike maaltyd in die Spekboom-restaurant geniet. Die Grotte verwelkom besoekers daagliks, uitgesluit Kersdag, met toere wat elke halfuur begin.
Kontak die Kangogrotte deur 082 303 0029 of 066 486 9475 te skakel, stuur e-pos na reservations@cangocaves.co.za, of besoek hul webwerf vir toegangpryse en meer inligting.
'n Speelplek van diere, bewaring en avontuur

Laat die ontdekker in jou uitkom by die Cango Wildlife Ranch, gerieflik geleë langs dieselfde pad wat na die Kangogrotte lei. Die plaas is die tuiste van meer as 90 uiteenlopende dierspesies, en bied begeleide toere aan wat in pas is met hul opvoedkundige filosofie.
Hierdie toere voed nie net op nie, maar doen ook voorspraak vir elke spesie en kweek só omgewingsbewustheid en empatie. Verdiep jouself in die Valley of Ancients en stap deur 'n Afrika-landskap waar kennismaking met Malawiese sikliede (visse), lemurs, aasvoëls, dwergseekoeie en Nylkrokodille op jou wag.
Klim na 'n verhewe paadjie oor Cheetahland vir 'n kykie na die manjifieke groot katte. Verken verder in die Amazonia Rainforest-voëlhok en die Slangpark, of ontspan net by die restaurant op die perseel en die KidZone-speelpark!
Genestel in 'n betowerende en besonderse atmosfee, is hulle trots daarop om 'n werklik ongeëwenaarde bestemming te wees wat elke dag van die jaar in almal se smaak sal val.
Kontak die Cango Wildlife Ranch deur 044 272 5593 te skakel of stuur e-pos na info@cango.co.za. Besoek hul webwerf om meer uit te vind oor wat hulle aanbied, hul bewaringsaksies en die verskillende spesies wat hulle op die plaas het.
De Rust se bekroonde druppels van genot

Geen besoek aan Oudtshoorn en De Rust is waarlik afgerond sonder die genot van die streek se voorste kulinêre aanbiedinge nie. Maak seker jy loop nie die kans mis om internasionaal bekroonde olyfolie by De Rustica Olive Estates, net buite die dorp De Rust, te proe nie.
Verlustig jou in hul olyftoer wat 'n opregte waardering vir die wêreldwye erkenning van die gehalte van hul olie oordra. Sit aan vir 'n proesessie wat sal aantoon waarom hulle as 'n olyflandgoed driedubbele goue toekennings verdien het.
Besoekers kan hul voorraad premium De Rustica Olive Oil by die winkel op die perseel aanvul, en indien jy 'n beker koffie, 'n buitengewone bord eetgoed om aan te peusel en 'n asemrowende uitsig op die Swartberge soek, is dit beslis die bestemming vir jou.
Bespreek jou proesessie en toer by De Rustica Olive Estates deur 044 241 2177 te skakel of besoek hul webwerf om deur hul reeks bekroonde produkte te snuffel.
Vul jou braaivoorraad aan by 'n wenner

Sorg ook dat jy volledig toegerus is met al die braaibenodigdhede wat jy vir jou besoek aan Klein-Karoo nodig sal hê deur by die hoogaangeskrewe slaghuis wat bekend is vir sy onoortreflike gehalte en bekostigbaarheid 'n draai te maak. Die Karoo Lusern Slaghuis, geleë op die Karoo Lusern Farm in Oudtshoorn, is die plek waar jy uit 'n verskeidenheid besonderse vleissnitte kan kies.
Hul gesteldheid op hoë gehalte blyk duidelik uit hul erkenning as die provinsiale wenner van die Cleaver Award in die Wes-Kaap se platinum-kategorie vir 2022/2023! Die vriendelike personeel wat jou help is regte boere, wat die middelman uitskakel en aan klante top-vleisprodukte teen billike pryse aanbied.
'n Wye verskeidenheid vleis, vleisprodukte en regte tuisgemaakte goedere wag op jou by die Karoo Lusern Slaghuis. Dis die plek waar jy al jou vleisbenodigdhede kan aanvul en seker maak jou Karoo-ervaring is waarlik uitsonderlik.
Hulle is van Maandag tot Vrydag oop van 8:00 tot 17:00, en op Saterdag van 8:00 tot 13:00. Kontak Karoo Lusern Slaghuis deur 044 272 0355 of 066 161 4739 te skakel. Volg hulle op Facebook en Instagram om hul spesiale aanbiedinge te sien.
Les jou dors met wyn en bier

Ontsnap na die betowerende Karusa Vineyard in die hartjie van die skilderagtige Schoemanshoek op die pragtige Kango-roete, 15 km noord van Oudtshoorn. Karusa, omring deur asemrowende landskappe en bekend vir sy wyne in die Cap Classique- en Mediterreense styl asook sy boetiekbrouery, bied 'n rustige oord vir wyn- en bierdrinkers en ook natuurliefhebbers. Terwyl jy jou met elke slukkie verlustig in die vrug van die wynmakery se arbeid, kan jy ook weglê aan 'n smullekker maaltyd by die Karoo-geïnspireerde restaurant, wat dit die perfekte bestemming vir middagete maak ná 'n oggend van verkenning in die Klein Karoo.
En indien jy langer wil vertoef, bespreek verblyf in een van hul ekovriendelike plaaskothuise waar moderne geriewe en plattelandse sjarme mekaar aanvul. Die plaas het roetes vir stap, bergfiets ry, voëls kyk en piekniek in die boorde, dus het jy meer as een dag nodig om alles op Karusa te ervaar.
Kontak Karusa Vineyard deur 044 272 8717 te skakel of besoek hul webwerf om meer oor hul wyn- en bier-aanbiedinge uit te vind.
Pret en plesier vir alle ouerdomme

Pret wag op die hele familie by die Wilgewandel Holiday Farm. Die plaas bied eindelose avonture want dit is gerieflik net 2 km van die Kangogrotte af geleë en binne 'n omtrek van 30 km vanaf ander opwindende aktiwiteite in Oudtshoorn.
Vertoef 'n rukkie by Wilgewandel en jy sal gou sien waarom hul leuse "Vet Familiepret" is. Die plaas bied 'n verskeidenheid aktiwiteite vir alle ouderdomme aan, soos onder meer kameelritte, waterglybane, zip lines, mini-gholf, trekker-treinritte en trapmotors.
Jy sal verseker jou eetlus aanwakker met so baie om te doen, dus kan jy in die restaurant op die perseel aansit om die innerlike te versterk. Geniet tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns - tuisgemaakte kos teen bekostigbare pryse.
Wanneer die kleingoed langer op die plaas wil kuier, oorweeg dit om in een van kamers by Wilgewandel oor te bly. Kies tussen opsies vir selfsorg of bed-en-ontbyt waar twee tot sewe mense kan slaap. Gaste het die volle gebruik van die braaigeriewe en swembad.
Kontak Wilgewandel Holiday Farm deur 079 206 8746 of 072 784 6732 te skakel. Besoek hul webwerf om te sien watter ander pretaktiwiteite die plaas aanbied.
Raak gevestig in jou tuiste weg van die huis
Met so baie om in Oudtshoorn en De Rust te doen, sal jy beslis 'n dag wil oorbly . . . of vyf! Oudtshoorn en De Rust het albei 'n wye verskeidenheid gerieflike huisvestingopsies waaruit jy kan kies; van kampeerterreine, woonwaparke en blyplek vir rugsakreisigers, tot gasteplase, bed-en-ontbyt-plekke, luukse-hotelle en lodges, is daar iets wat alle begrotings sal pas. Jy sal nie teleurgestel word deur een van hierdie top-keuses nie:
Soetdoring Selfsorg

Wanneer jy van die gewoel van die stadslewe wil wegkom, is Soetdoring Selfsorg die perfekte plek! Geleë op die skilderagtige Zeekoega-plaas, 'n werkende plaas net 7 km buite Oudtshoorn, bied hul hutte die ideale plek waar reisigers kan ontspan.
Al hul hutte is volledig toegerus met 'n kombuisie en braaiplek, wat van Soetdoring Selfsorg 'n uitstekende bais maak vanwaar jy Oudtshoorn en die Klein-Karoo-streek kan verken. Omdat dit 'n werkende plaas is, kan vriendelike beeste jou begroet, en in die reëntyd kan jy die watervoëls dophou wanneer hulle in die dam voor jou patio of balkon speel.
En met so baie aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing, sal jy beslis langer as 'n naweek moet bly, bespreek dus 'n ekstra dag of twee!
Kontak Soetdoring Selfsorg deur 044 272 6721 of 082 551 3019 te skakel of stuur e-pos na info@soetdoringodn.co.za. Besoek hul webwerf om na die gerieflike eenhede te kyk en uit te vind wat jy alles tydens jou verblyf kan doen.
Kleinplaas Holiday Resort

Of jy vir sake of plesier reis, 'n kort kuiertjie of 'n vakansie beplan, Kleinplaas Holiday Resort se gerieflike en bekostigbare huisvesting is die perfekte keuse daarvoor. Kleinplaas Holiday Resort is gerieflik in Oudtshoorn geleë binne loopafstand van die dorp en naby plaaslike besienswaardighede.
Hul ruim 3-ster-chalets bied 'n keuse tussen bed-en-ontbyt en selfsorg, en hul 4-ster-kampeerterrein is geskik vir woonwaens en kampeerders. Hul chalet-geriewe sluit in gratis Wi-Fi, DStv en opsionele ontbyt, en alle gaste het toegang tot die braaigeriewe, swembad en klerewassery. Besoekers wat nie van skares hou nie, sal hul groot terrein met baie ruimte waardeer.
Kontak Kleinplaas Holiday Resort deur 044 272 5811 te skakel of stuur e-pos na kleinpls@mweb.co.za. Besoek hul webwerf om 'n bespreking te maak of meer oor die geriewe uit te vind.
Berluda Farmhouse and Cottages

Geniet gerieflike en ontspannende verblyf met 'n tikkie weelde, persoonlike diens en gasvryheid eie aan die Suid-Afrikaanse platteland by Oudtshoorn se Berluda Farmhouse and Cottages. Kies uit 'n verskeidenheid kamers in die plaashuis vir 'n intieme wegbreek of selfsorg-kothuise wat ideaal is vir gesinsvakansies.
Hulle kan tot 77 gaste huisves, wat Berluda Farmhouse and Cottages ideaal maak vir klein familiereünies, en dit bied aan beroepsmense asook families die beste geleentheid om die prag en wonders van die omgewing te ervaar.
Daar is ook 'n wye reeks pret-aktiwiteite op die plaas wat jou sal besig hou. Natuurliefhebbers kan in een van die baie damme op die plaas visvang, of laat die adrenalien pomp met bergfietsry en staproetes. Diereliefhebbers kan by opvoedkundige begeleide toere aansluit om die meerkatte en volstruise op die plaas te ervaar.
Kontak Berluda Farmhouse and Cottages deur 063 270 2610 te skakel of stuur e-pos na bookings@berluda.co.za. Besoek hul webwerf om die verskillende kamerkeuses te sien en meer uit te vind oor wat die plaas aanbied.
Buffelsdrift Game Lodge

Ontdek 'n wêreld van avontuur en weelde wanneer jy Buffelsdrift Game Lodge in Oudtshoorn besoek. Bekend vir hul ongelooflike opsies in weelderige kampering, bied Buffelsdrift talle luukse-tente wat jou bos-ervaring tot die volgende vlak sal neem.
Laat jou avontuurlike kant uitkom deur deel te neem aan hul talle opwindende aktiwiteit, soos die bossafari, die voer van leeus, die spore volg van loslopende jagluiperds, ongelooflike olifant-ervarings en die baie gewilde meerkat-safari.
Honger besoekers kan ware Karoo-kookkuns geniet by die Buffelsdrift-restaurant op die plaas, wat oor 'n groot watergat met groot visse, waterskilpaaie en seekoeie uitkyk.
Kontak Buffelsdrift Game Lodge deur 044 272 0000 te skakel of stuur e-pos na info@buffelsdrift.com. Besoek hul webwerf vir meer inligting en hul spesiale aanbiedings.
Wildehondekloof Private Game Reserve

Die Wildehondekloof Private Game Reserve lê in die hartjie van die Klein-Karoo se Swartberge en is 'n baken vir plaaslike asook internasionale natuurliefhebbers. Die Wildehondekloof-lodge het agt weelderige en-suite-slaapkamers met lugversorging en 'n asemrowende uitsig op die berg en rivier, asook een private Presidensiële Suite met 'n koningsgrootte bed, private sitkamer, kaggel en 'n private stoep.
Geniet wildritte met sonop en sononder om verskeie boksoorte te sien soos elande en koedoes asook sebras en meer. Voëlkykers kan hulle verlustig in die groot verskeidenheid geveerdes en ander kleiner diere kan ook op die fiets- en staproetes gesien word. Sterkykers moet die asemrowende Karoo-naghemel geniet wat snags bokant die Wildehondekloof Private Game Reserve skitter.
Kontak Wildehondekloof Private Game Reserve deur 082 551 3019 te skakel of stuur e-pos na info@whkloof.co.za. Besoek hul webwerf om te sien watter prag op jou wag.
Pak dus jou tas, laai die gesin in die motor en vat die pad om Oudtshoorn en De Rust te verken. Besoek Oudtshoorn and De Rust Tourism se webwerf vir meer inligtig oor verblyf, wat om te doen en wat wanneer gebeur in hierdie pragtige streek van die Wes-Kaap. Jy kan ook 044 279 2532 skakel, e-pos stuur na enquiries@oudtshoorn.com, of hulle volg op Facebooken Instagram.













