Jy en die kinders is reg vir 'n swem by Muizenberg en piekel al die pad soontoe net om die wit vlag met die swart haai daar te sien wapper - die teken dat iemand 'n haai in die water gesien het.
Gelukkig het die organisasie Shark Spotters nou 'n nuwe gratis app waarmee jy vooraf kan kyk hoe toestande by jou gunsteling- Kaapse strand lyk. Die "spotters" by die strande werk die app-inhoud voortdurend by om seker te maak jy kry die jongste inligting.

Dié gratis app gee jou nie net haai-inligting nie, maar ook veiligheidswenke, weerstoestande, inligting oor of daar ander seediere (soos walvisse, robbe of dolfyne) in die omgewing is en selfs 'n video van die branders sodat jy kan weet of jy jou branderplank moet saamvat.
Kry die app in die Google Play- of Apple-winkel.
Meer inligting *sharkspotters.org.za.













