Augi Augustyn van Bloemfontein skryf:
Dié foto is geneem by die Leeudril-watergat in die Kgalagadi-oorgrenspark. Een van drie dinge het gebeur met die horings: Dis 'n geboortedefek, hy het seergekry as jong bok of die horings is gebrand, soos die boere hulle beeste se horings brand?
Die wildlewekenner L.D. van Essen antwoord:
Dis die eerste keer dat ek 'n gemsbok sien met albei horings wat af is. Sonder om die bok te ondersoek is dit moeilik om te sê of dit 'n besering of geboortedefek is. Die feit dat altwee horings soek is, laat leun my meer na 'n geboortedefek toe. Ek stem saam met Augi dat dit ook lyk of die horings gebrand is. 'n Vae moontlikheid is natuurlik dat die gemsbok hans grootgemaak is op een van die plase wat grens aan die Kgalagadi en dat die dier se horings wel gebrand is.
Stuur vir ons jou foto's
Het jy iets ongewoons afgeneem? Stuur 'n e-pos na digitaal@weg.co.za.
Die bogenoemde brokkie het oorspronklik in Weg se September 2015-uitgawe verskyn.













