As jy die kinders wil laat baljaar sodat jy 'n bietjie met die voete in die lug kan sit en ontspan, gaan maak 'n draai by Weesgerus op Modimolle.
Kies tussen verblyf in gerieflike chalets of maak jou woonwa staan op een van die lekker staanplekke. Weesgerus beskik oor uitstekende ontspanningsgeriewe met indrukwekkende swembaddens en bied gereeld partytjies, troues en sosiale funksies aan.

In September geld spesiale midweektariewe: woonwastaanplekke vanaf R165 per nag; chalets (slaap 6) vanaf net R760 per nag en studio's (slaap 4) vanaf R400 per nag! Pensioenarisse kry 'n verdere afslag.
Weesgerus bied die volgende
35 x 6-slaper-chalets
36 x 4-slaper-chalets
6 x 2-slaper-chalets
3 x 5-slaper-chalets
2 x 8-slaper-gastehuise
Kamerkompleks (16 x slaper)
145 woonwa- & tentstaanplekke (Sluit water & elektrisiteit in)

ONTSPANNINGS-FASILITEITE
Set-Set ("put-put")
Trapkarre
Glybaan
Onderdakswembad
Buiteswembad, lou water
Buiteswembad, koue water
Buiteswembad vir kinders met lou water
Tennisbaan

Skakel die Weesgerus-kantoor vir meer inligting. Doen navraag oor die Donateursklub, wat verskeie voordele insluit!
Adres: Nelson Mandela-rylaan(R33), Modimolle, 0510
014 - 718 7100 | res1@weesgerusoord.co.za | www.weesgerus.co.za














