Reis

Kom kyk ’n aasvoëlsepie!

ZIES VAN ZYL van Vanderbijlpark skryf: Ek en my vriend Hennie Storm is kranige voëlkykers en amateurfotograwe, en was gelukkig genoeg om plek te kry in die gewilde aasvoëlskuiling in die Giants Castle-natuurreservaat in die Drakensberg - ons moes ses maande vooruit bespreek!

Dié reservaat huisves 'n bevolking van die skaars en bedreigde baardaasvoël, wat gereeld by die skuiling en aasvoëlrestaurant hoog bo teen 'n krans gesien word.

Met ons besoek kon ons die voëls se gedrag bestudeer. Ons het ook rooiborsjakkalsvoëls en kransaasvoëls gesien. 'n Opportunistiese rooijakkals of twee het ook kom gesig wys.

Ons was gelukkig om dit vir drie dae te kry. Die hoogtepunt was toe ons sien hoe 'n paar baardaasvoëls in vlug baklei. Wat 'n belewenis!

Die verblyf in die Giants Castle se ruskamp was ook puik. Hierdie ervaring is beslis boaan my lys van spesiale oomblikke in die natuur.

Weet voor jy waai

'n Mens bespreek die skuiling hoog teen 'n krans in die Giant's Castle-natuurreservaat vooraf. Jy kan slegs met 'n 4x4 daar uitkom. Besoekers kry elke dag 'n emmer vol bene, wat sowat 40 m van die skuiling af uitgepak word.

Prys Jy bespreek dit esklusief. Dit kos R840 p.d. (vir 3 mense) en R280 per persoon wat bykom (maksimum 6 mense).

Kontak 036 353 3718; www.kznwildlife.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM