Lake Umuzi is in die hart van Mpumalanga en spog met 66 lieflike kampeerstaanplekke, elk ingerig met braaigeriewe, 'n kragpunt en 'n kraan.
Die kampterrein is toegerus met 'n klimraam, binnenshuise en buite swembaddens. Hier is ook moderne ablusieblokke en lekker kikoejoegras onder jou voete.

6 Lekker doendinge in en om Lake Umuzi
Nie net kan jy in luuksheid kamp nie, maar ook is hier hope aktiwiteite vir die hele gesin.
- Wanneer kampeerders vir twee of meer nagte oorbly, kry hulle gratis toegang tot AquaZone Waterpark, wanneer dit oop is. Die waterpark bestaan uit 5 waterglybane en 'n verhitte binnenshuise swembad.
- Carnival Square is die grootste klim-en-klouterraam in Afrika en sal verseker jou kleinding laat baljaar vir ure. R60 per kind onder 1,35 m.
- Kom maak lyne nat. Lake Umuzi spog met enorme karpe en babers.
- Aksie-sport - Secunda Action Sport Centre is net langs die kampterrein.
- Met vyf verskillende restaurante binne stapafstand is jou ete-keuses feitlik onbeperk. Sondae tree kunstenaars op by die Eish!!-restaurant - bring die hele gesin saam vir Sondagmiddagete.
- Lake Umuzi Kamp Oase is 'n hanetreetjie vanaf Graceland Casino and Country Club en 15 minute se ry vanaf die Walker Park-gholfklub.

Die kampeertariewe sal elke sak pas: Slegs R100 per staanplek per nag, R50 per persoon per dag (maksimum 6 persone en 1 voertuig). Jou troeteldier is ook welkom teen R50 per dag. (Bepalings en voorwaardes geld.)
Lake Umuzi Kamp Oase grens aan Umuzi Lodge. Umuzi Lodge het 45 selfsorgeenhede - 'n mengsel van 4- en 6-bed-chalets wat geskik is vir enige grootte gesin. Elke eenheid is toegerus met 'n volledige kombuis, badkamer, kaggel en braaiarea.
- 4-bed-chalet: R1 480 per nag, buite seisoen
- 6-bed-chalet: R 1 800 per nag, buite seisoen
Vir besprekings kontak: 017 631 3452; 41 of 087 233 5082; e-pos welcome@lakeumuzi.co.za
GPS-koördinate: S26.515171, E29.176843

Aanwysings
Tot by Ontvangs:
Vanaf Secunda Mall, ry Suid (na Sasol Charlie 1),
300m draai regs in Kiewiet straat,
600m draai links in by Umuzi Lodge. Hier kan die inboek proses gedoen word.
Tot by die kampterrein:
Vanaf Umuzi Lodge draai regs by die hek, tot by die drie-rigting stop, draai regs.
560 m draai regs by Builders Warehouse
300 m draai regs by Lake Umuzi South Bank.
Deur die hek, volg die pad tot by Lake Umuzi Kamp Oase se hek.

Dinge om na uit te sien
Lake Umuzi Oktoberfest: 20 - 29 September 2019
10-dae-bierfees. Met biere vanaf R 25 per 500 ml "draught". Optredes deur Joshua na die Reën, Heidi, Neil Somers, Hennie Jacobs, Bad Peter en vele meer. Toegang is gratis!
Rainbow Race 21,1 km, 10 km en pretdraf: Saterdag 5 Oktober 2019
Die alom bekende Kosmos-3-in-1 roete wat jaarliks in Maart plaasvind, skuif na 5 Oktober. Skryf aanlyn in by dié skakel. https://lakeumuzi.co.za/events/rainbow-race-2019/
Warrior Princesses: 26 Oktober 2019
Jaarliks kom honderde vroue bymekaar vir die opwindende Warrior Princesses-hinderniswedloop, wat deur Laerskool Goedehoop aangebied word by Lake Umuzi. Dit is modderig, dit is pret en dit is vir vroue van 9 tot 99 jaar.
Vir meer inligting kontak Juanita by goedehooppr@mweb.co.za of
083 589 8026
Vir meer inligting besoek asseblief www.lakeumuzi.co.za














