Ek en my vrou, Cecielia, beplan jaarliks 'n toer, hetsy deur ons land óf na een van ons buurlande. Wanneer ons die beplanning doen, probeer ons om by soveel as moontlik besienswaardighede uit te kom en roetes te ry.
Danksy ons versameling Ry & Sleep- en Weg-tydskrifte is dit maklik om die volgende toer deeglik te beplan en seker te maak ons laat nie iets uit nie. Wanneer ons die nuutste uitgawe gelees het, begin ons deur die ou tydskrifte blaai - en wat 'n ervaring.
Elkeen is soos nuut.
Dankie aan die redakteurs, joernaliste, kunstenaars, medewerkers en al die medelesers wat hulle ervarings en foto's deel om maandeliks vir ons twee puik tydskrifte saam te stel.

Hierdie artikel het oorspronklik in Julie 2020 verskyn. Feiteen geite kon intussen verander het - laat weet gerus by digitaal@weg.co.za as jyiets raaksien.












