Reis

’n Krokodil wat sy naaste vreet!

JOHAN VERMAAK skryf: Ons het op dié toneel afgekom by die Sunsetdam naby die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin. Eers het dit gelyk asof die krokodil 'n kleintjie in sy bek vashou, maar toe hy omdraai, sien ons die agterlyf is weggevreet.

Ek het nog nooit so iets gesien nie. Is dit normaal dat krokodille mekaar vreet?

Die reptielkenner NICK EVANS antwoord: Wat 'n gelukskoot! Dis voorwaar nie iets wat 'n mens gereeld sien nie. Dit is bekend dat krokodille ander krokodille sal vreet, veral kleineres. Hulle is kannibale.

Dis moeilik om presies te weet wat hier gebeur het, maar ek vermoed die krokodil probeer sy prooi wegkry van ander krokodille af. Die krokodil het waarskynlik die kleiner een in die water doodgemaak en toe wil die ander krokodille saam vreet, sonder dat hulle genooi is.

Daar was waarskynlik ‘n toutrekkery waarna die krokodil die water verlaat het om in vrede te kan vreet.

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM