In diealgemeen het mannetjies groter gebiede wat met dié van wyfies oorvleuel. Hulleis gewoonlik alleenlopend en al wanneer meer as een van dié diere bymekaargesien word, is wanneer 'n wyfie by haar kleintjies is, of om te paar.
Sodra hulleklaar gepaar het, gaan die mannetjie weg en moet die wyfie alleen die werpselgrootmaak. Sy is vir sowat drie maande dragtig, waarna een tot drie welpiesgebore word. Dis die moeilikste tyd vir die werpsel. Hoewel die wyfie hullewegsteek in lêplekke wat goed gekamoefleer is, soos in grotte of ouerdvarkgate, is die kans altyd daar dat enigiets van hiënas tot luislange diekleintjies kan kry en hulle doodmaak. Die vrektesyfer onder welpies is nogalhoog en dis nie lekker om te sien nie - veral nie as 'n mens hulle vorderingsedert geboorte dophou nie.
Luiperds isbekend daarvoor dat hulle taai en besonder aanpasbaar is in 'n habitat waarmense ook woon. Hulle kan by 'n groot verskeidenheid habitats aanpas - vantropiese woude tot hoë berge en selfs halfwoestynagtige gebiede. In Indië isdaar byvoorbeeld ook halfstedelike bevolkings wat aan die buitewyke van dielaaste woude langs groot stede soos Mumbai bly. Dié luiperds maak jag op wildehonde en vee in die gebied.
Ook inAfrika sien mense van tyd tot tyd luiperds in die gebiede wat grens aan grootsentra soos Pretoria en Nairobi.













