Hulle saai chaos waar hulle ook algaan: Hulle plunder jou kampplek en steel 'n week se kosvoorraad (ek praat uitervaring!), hulle beskadig oeste, breek by huise in en intimideernikvermoedende toeriste. Bygesê, dalk het hulle nie eintlik 'n keuse nie - onsbou immers huise in hulle habitat!
Maaras jy in 'n wildreservaat ry, is 'n trop bobbejane altyd een van die vermaaklikstegoed waar jy kan stilhou. Jy kan nie help om te glimlag nie.
Hulleis soos mense - dis amper asof jy in 'n spieël kyk!
Op 'n safari 'n paar jaar gelede het ons toergroep 'n groot trop bobbejane laatmiddagdopgehou. Bobbejane het 'n unieke sosiale struktuur wat 'n oligargie genoemword. Die alfa-mannetjie het al die mag oor 'n reeks laer klasse, waarvan diegroepe al groter word - byna soos 'n groot general met ondergeskikte sersante.
Ditwas ook interessant om die kleintjies dop te hou. Die heel kleintjies kraaikoning terwyl die oueres speel en mekaar boelie - amper soos my twee dogters.En die skreegeluide wat 'n mens hoor wanneer daar met een van diebobbejaantjies geraas word, is heelwat harder as wat nodig is (weer dink ek aanmy kinders...).
Maartoe dit donker word en die babas na hulle ma's toe skarrel, was dit net sobekend: die kleintjies wat hulle ma's se vertroostende hitte soek en die ma watsag haar baba vashou om hom te beskerm teen die nag segevare.













