Reis

Swem in ’n dam op Nieu-Bethesda

Swem in ’n dam op Nieu-Bethesda

Ganora se sementdam word mooi skoon gehou (die skape moet die water drink, sien), dus sal jy nie twee dae later paddaslyk uit jou hare hoef te kam nie. En daar is 'n staalleertjie wat jou help om maklik in en uit te klim.

Vir die hardebaarde is daar 'n gronddam by die huis en rivierpoele in die Wilgerivier, maar dis sowat 1½ uur se stap (jy kan nader ry).

Wat kan ek nog daar doen? Ganora is een van die Nieu-Bethesda-distrik se beste gasteplase. Hulle het 'n ongelooflike private versameling fossiele uit die omgewing en jy kan stap, voëls kyk, bergfiets ry of na die Boesmantekeninge kyk. Jy kan jou hele vakansie hier deurbring, maar dis ook 'n lekker oornagplek as jy van Gauteng af op pad is Tuinroete toe.

Hoe kom ek daar? As jy van Graaff-Reinet af op die N9 Middelburg toe ry, draai links by die tweede Nieu-Bethesda-bordjie. Ganora is 20 km verder aan die linkerkant.

Kontak: info@ganora.co.za;www.ganora.co.za

Weg sê: Moet net nie te lank lê en bak op die warm sementwal nie - dalk kom pik die kraaie jou sproete.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM