Reis

Restauranteiers in die kampplek

Restauranteiers in die kampplek

Insie Visser van Bloemhof het 'n tydjie gelede haarplan gedeel wat hulle gebruik om eiers in die kampplek te bak:

Ons het jare gelede 'n baie slim plan bedink virwanneer ons eiers vir ontbyt gaarmaak. Ons gebruik die twee ringe van 'n wielkoeëllaer -ons breek die eiers daarin en maak dit op die gasbraaier se plaat gaar.

Die groter ring het genoegplek vir twee eiers en die kleiner een is nommerpas vir een. Ons spuit diebinnekant van die ring met kleefwerende kossproei en wanneer die wit van dieeier genoeg gestol het, draai ons die ring en haal dit van die plaat af. Danlyk ons eiers net soos dié in die restaurant. Dit kan nie makliker nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM