Reis

Rubriek: Verskriklik ryk in ’n Studebaker

Skets: Fred Mouton
Skets: Fred Mouton

Omdie waarheid te sê, ons was baie meer welaf as die mense wat in Pa se wyk geblyhet. Húlle was nou vir jou arm. Die meeste het net 'n pensioen gekry en miskien'n baisiekel om na die Arbeidskoloniekommissiewinkel toe te ry. Die AKK-winkel.

Ekhet eers lank daarna uitgevind dit beteken armoede.

Diehele stuk van Groblershoop af tot op Augrabies is óf deur die Kerk óf dieRegering beheer.

Op'n dag kom Pa met die nuus: Ons gaan 'n nuwe tweedehandse kar kry. 'nStudebaker Lark. Dit was voor die internet, voor ek kon lees, voor die geskrewewoord uitgevind is.

Ekhet glad nie geweet hoe hierdie kar lyk nie. Dit was nie 'n Chev nie, ook nie'n Ford nie. Selfs nie 'n Dodge nie. Niemand het geweet nie. Pa wou niks sê nie."Wag en kyk." Ek dink nie hy´ het geweet nie.

Mahet begin padkos maak. Dit was voor die tyd van koelhouers.

Allesis beplan rondom hoe lank watter kos in die Karoo se winterweer kan hou.

Asek maar geweet het wat dít beteken…

Ditwas ook voor die tyd van aluminiumfoelie, Tupperware, roomysbakke en Kentucky.Sult is in bruinpapier toegedraai, en dan in 'n gewaste meelsloop. AKK Boermeel.Ek word gestuur om eiers uit te haal. Willem Farmer kap 'n hoender se kop af.

Diéglip los en hol afkop die werf vol. Ek hol versigtig agterna en Anneriehardloop gillend die huis in.

Poppiebak beskuit en Ouma bring 'n slopie gedroogde vye. Koue skaapnek in bruinpapieren toegevou in nog 'n meelsloop. Ma suur in en die volgende dag ruik die helehuis na huisbrood.

Myoupa loop knorrend die werf vol en besing die lof van sy swart Dodge. Hy was 'npoliesman en kon Engels praat. Of laat ek dit só stel, hy het 'n Engelse koerantgelees. Hy is nie opgewonde oor die vooruitsig van die Studebaker nie.

OpDe Aar vrek ek amper van die koue. Die trein staan daar oor vir wat voel soos'n jaar voor dit die pad Port Elizabeth toe vat. Ons sit in die stasiegebou voor'n kaggel.

Madop eiers af en Pa kerf skyfies skaapnek met sy knipmes. Ma vou ons toe in 'nblou streepkombers, maar dit help niks. My neus loop en Annerie se ore is bloedrooias sy haar wolmus afhaal.

Toe ek wakker word, is ons in 'n sprokieswêreld. Sulkeberge met plat koppe. Alles is witgeryp. Ek verwag om enige tyd Kopertoon ofBloubaard deur die venster te sien. Selfs 'n vliegtuig!

Dietrein skommel lustig voort. Dorp na dorp vorder ons nader aan die StudebakerLark. Pa vertel dat hierdie wêreld lank terug onder water was. Hulle hetblykbaar visse in die klippe gekry. Ek verstaan niks daarvan nie. Ek sal latervir Oupa vra, dit was seker in sy tyd.

In 'n stadium kry ek 'n stukkie roet in my oog. Ek huil vreeslik. Volgens my is dit 'n brandende kool uit die dieptes van die Hel. "Hou op om by die venster uit te hang."

Laterword dit warmer en die afwagting bou op. Laasnagsou ek elke Studebaker Lark ruil vir ons warm huis. Nou soek ek Studebakerslangs die pad.

Elkeslag antwoord Pa ontkennend. Chev. Ford. Dodge. Wag en kyk.

In'n stadium kry ek 'n stukkie roet in my oog. Ek huil vreeslik. Volgens my isdit 'n brandende kool uit die dieptes van die Hel. "Hou op om by die vensteruit te hang."

Blykbaaris Port Elizabeth by die see. Ek was al twee keer by die see, so dit is nie so'n watwonderse vooruitsig nie. Oupa Engelbrecht was 'n poliesman op Die Port.Dis hoe ons van Port Nolloth gepraat het.

Nadathy eers op Steinkopf was. Dis waar hy kamele gery het op patrollie. So, PortElizabeth of Port Nolloth, wat is nou so erg?

Laatmiddagvat Ma ons na die trein se badkamer toe. Was ons met die waslap. Die koue endie boerseep werk nie lekker saam nie, dit laat my jeuk. "Julle moet skoon weesas ons by die mense kom." Ons is nie meer ver nie!

Port Elizabeth is vreeslik groot. Jy ry vir 'n helse lang tyd deur die dorp voorjy by die stasie kom. Toe Ma vir oulaas my neus uitblaas, weet ek dis nou nie meerlank nie.

OomStollie kom haal ons op die stasie. Hy gee vir my en Annerie tjoklits.

PortElizabeth het 'n akwarium. Dis verskriklik wonderlik. Dolfyne spring en 'n hansrob vreet uit 'n man se hand uit. Oupa Engelbrecht hou nie van robbe nie, hullevreet sy harders uit sy net uit.

Uiteindelikgaan haal ons die Studebaker. Ek sukkel om asem te kry. Dis vreeslik mooi.Pikswart. " 'n Baie sindelike kleur," sê Ma. Sulke wit ringe op die wiele. Blinkwieldoppe. Rooisitplekke. Overdrive.

Ekweet nie wat 'n overdrive is nie, maar Pa sê dis vir as jy nou rêrig wilgatskoonmaak. Dan sit jy hom in overdrive. Die agt silinders dreun soos 'n lui katterwyl Pa versigtig die toetsrit onderneem.

Ekverstaan nie hoekom ons die kar toets nie, dis dan so mooi. Ek ry in elk gevalnie terug met die trein nie, wragtag nie. Gelukkigslaag die Lark die toets en ons begin pak.

Diekar se boot is yslik groot. Ons is ryk.

TannieMassie pak frikkadelle, hoender en 'n skaapnek in. Alles toegevou in sulke nuwedun, vetterige, deurskynende papier. Oom Stollie gee weer vir my en Annerietjoklits.

Ditkos amper 'n pond om die kar se tenk op Beaufort-Wes vol te maak. 'n Oom met 'nFord gesels met Pa oor die Studebaker. "Hy hol oor die honnerten-twintig," sêPa.

Onsis vreeslik ryk.

Toeons op die plaas aankom, hardloop Finias en my ander maats die laaste stuk totby die huis agter die kar aan. Almal raas en gil. Ek klim stadig uit die karuit.

Baie,baie stadig.

Ekhet vir Finias 'n blokkie tjoklits gebêre. Wragtig nie oor ek so baie van homhou nie, maar hoe anders sal die ander plaaskinders weet ek het tjoklits geëet?

Dis die eerste Kersfees ná ons die Studebaker gaan haal het. Ma pakweer in. Vleisbolletjies en hoender. Huisbrood en skuinskoek.

Onsgaan na Die Port toe. Met die Sprite agter die Studebaker gehaak. Ek en Annerietrippel en kan die vorige aand amper nie slaap nie. Ma het vir ons elkeen 'nswembroek gekoop.

Diebeesbiltong is droog en Pa kerf 'n meelsak vol.

Maen Poppie bak al 'n week. Beskuit vir soggens. Skuinskoek vir tussenin.Gemmerkoekies vir die lekkerte. Vlakoekies en klapperkoekies vir die groot blik.'n Sloop vol droë perskes en 'n skaapkop toegedraai in 'n papiersak. Ek weet Masteek twee

kleinblikkies kondensmelk weg in die trommel met die rys en boermeel.

Skets: Fred Mouton
Skets: Fred Mouton

Netvoor ons Die Port inry, kan Annerie nie meer hou nie en ons moet stop. Sypiepie agter die Studebaker terwyl Pa die karavaan se deur oopmaak om te kykhoeveel stof ingekom het.

McDougallsbaai,by Die Port, is die wonderlikste plek naas Port Elizabeth. DokterBakkes bly in 'n ou skeepskajuit vir 'n huis en twee ander ooms bly indubbeldekkerbusse.

Paen oupa Engelbrecht vang 'n kreefbakkie vol kreef en ek en Annerie drinkkondensmelk. Ma sê sy is nie vet nie, ons gaan 'n boetie of sussie kry. Ek is onmiddellikvies. Ek en Annerie het nou net lekker tuis geraak agterin die Studebaker.

Toeons by die huis kom, verklaar Pa dat die Studebaker die beste kar is wat nogooit gemaak is.

Toegerusmet hierdie nuwe wysheid, gaan soek ek vir

Finiasop. Ek kry hom nie, maar Willem Farmer sal ook doen. Al verskil is dat WillemFarmer uit die Namakwaland uit kom en niks glo nie. Hy sê altyd "ons sal maarsien, die rooi haan het juis laasnag heelnag gekraai".

Die Kaap is verskriklik groot. Groter as Port Elizabeth. Ek sukkel om by dievenster uit te loer. Die kinders in die Kaap is verskriklik groot.

Eksien 'n hele paar Studebakers langs die pad.

Mahet koeksisters gebak en 'n hele blik vol kleinkoekies. Terwyl ons die karavaanse tent opslaan, gons die karre verby in Voortrekkerweg.

OomBoetie Baines gaan wys ons die hawe en tannie Minnie vat ons museum toe.

OomBoetie werk op 'n skip. Tannie Minnie is met 'n Engelsman getroud.

Onsgaan Kirstenbosch toe en ry met die kabelkarretjie tot op Tafelberg.

Oppad terug stop ons by die laaste stilhouplek in Vanrhynspas. Die karavaan seyskassie is vol

KaapsePlesiere. Ma haal toebroodjies, vetkoek en hoenderboudjies uit. Frikkadelle enbeestong. 'n Avokadopeer op winkelbrood.

TerwylPa die skaapnek breek en vir elkeen 'n stuk murg gee, hoor ons 'n kar die pasop brul. 'n Plat blou Ford kom brullend tot stilstand.

Dieman en sy familie val uit die kar soos mense wat uit die kabelkarretjie klim.

Hylig die bonnet oop en die Ford kook soos die trein tussenVictoria-Wes en Drie Susters. Pastap nader met 'n kan water. Vanrhynspas is niemand se maat nie. Behalwe as jy'n Studebaker Lark ry.

Dieman vat dankbaar die kan water. "Hoe maak die Studebaker met die karavaan?"

Niksmoeilikheid nie.

"Ja,maar jy ry 'n Studebaker," sê die man. Ons is verskriklik baie ryk.

Studebaker,skaapnek, koeksisters, hardgekookte eiers, Friar's Balsam en meelsakke.

Gerhard Oosthuizen

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM