Dag 1: Sani Mountain Lodge
Ons avontuur begin op Himeville, 'n dorp in KwaZulu-Natal se Middelland. Die groep ontmoet by die Stone House Café. Die res van die dag verken ons die legendariese Sanipas. Ná die doeanepunt aan die Suid-Afrikaanse kant takel ons die pas. Die groep sal genoeg tyd hê om die omgewing te geniet en foto's te neem.
Ons bly die aand by die Sani Mountain Lodge. Die lodge is bo in die Drakensberg en van hier kan 'n mens wyd oor KwaZulu-Natal kyk.
Dag 2: Ficksburg
Ons volgende stop is Ficksburg - die roete neem ons langs van die hoogste paaie in Suider-Afrika. Ons steek die Senqurivier oor, wat die Oranje in Suid-Afrika genoem word. Ons ry ook verby van die hoogste myne in Suider-Afrika. Danksy die myne in die gebied is die paaie opgradeer wat toere vergemaklik.
Dag 3: Mohale Lodge
Ná 'n groot ontbyt vertrek die groep op 'n begeleide toer van die Katsedamwal en leer meer oor die Lesotho-Hoogland-waterprojek. Ons ry die res van die dag 'n sirkelroete om die dam met 'n piekniekete op pad na die Mohaledam waar ons by die Mohale Lodge slaap.
Dag 4: Ramabanta Lodge
Vandag ry ons oor bergpasse met name soos God Help Me en Blue Mountain. Dan besoek ons Thaba Bosiu, 'n natuurlike vesting van koning Mosjesj, die vader van die Basotho's. Hulle vir lank hier gebly en was veilig van die Zoeloes, Engelse en Afrikaners.
Laat die middag bereik die groep die dorp Ramabanta, waar ons vir twee nagte oorstaan by die Trading Post Lodge en bederf word met heerlike tuisgemaakte kos.
Dag 5: Ramabanta Lodge
Vandag is 'n rustige dag. Die groep besoek die Maletsunyanewaterval by Semonkong, waar die water 192 m na benede val. Ná 'n piekniek keer ons terug na die lodge. Hier is lekker staproetes in die omgewing sowel as perderitte.
Dag 6: Vertrek
Ná 'n laaste ontbyt saam vertrek die groep na Maseru. Ons verken Thaba Bosiu waarna ons by die besoekersentrum naby die Maserubrug-grenspos groet. Hierna slaan elkeen sy eie rigting in..

BESPREEK NOU!
Hoe lank is die toer?
5 nagte, 6 dae (verblyf in lodges en gastehuise)
Toerdatums 12-17 Februarie 2023
Koste R14 950 p.p. Halfprys vir kinders jonger as 10
Die span
Jou toerleier is 'n ervare natuur-bewaarder en avontuurgids. Hy sal die hele tyd in radio-verbinding met jou wees en sy natuur-, kultuur-, geskiedkundige en 4x4-kennis met jou deel.
Ingesluit by die prys
• Lodge- en gastehuisverblyf vir 5 nagte.
• Ontbyt en aandete elke dag.
• Op die daaglikse uitstappies sal die gids van Bhejane en sy assistent piekniekmiddag-etes voorsit.

Wat jy moet bring
• 'n Geldige paspoort en dokumentasie wat by die grenspos gewys moet word.
• Jy moet ook alle koste betaal om oor die grens te kom.
• Jou eie 4x4-voertuig en brandstof.
Stuur navrae na bookings@bhejane.com of 082 724 0442 vir 'n volledige reisplan en toerdatums.
Onthou, grensbeamptes by die Sanipas laat nie toegang tot Lesotho toe as jy nie 'n 4x4 bestuur nie.














