Sluit by ons aan vir 'n begeleide avontuur van 4 nagte en 5 dae. Jy gaan stap en op kajakke ry in die mooi Tuinroete. Dis 'n klein groep wat geskik is vir gesinne of 'n groep vriende.
Jy bring net jou staptoerusting, jou kamera, verkyker en 'n dagsak. Ons is verantwoordelik vir blyplek, drie etes per dag, toegangstariewe tot die parke en reservate, sowel as vervoer van een staproete na die volgende.
VERBLYF
Waar bly ek? Die Bitou River Lodge op die oewer van die Bitourivier (www.bitou.co.za)

Die roete
Ons spesialisgids neem jou deur die Knysna-woud op staproetes wat deur kusfynbos en langs rotsagtige kuslyne loop. Die uitsigte is onverbeterlik, die voëls volop en die lug skoon. Elke dag bied aan stappers seldsame ondervindings soos skemerkelkies op 'n kajak of middagete tussen die wingerde op 'n wynplaas.
Sluit elke aand af met aandete by een van Plett se restaurante - saam met die nuwe vriende wat jy op die roetes ontmoet het.

DATUMS EN KOSTE
27 Februarie-2 Maart 2020
25-29 Maart 2020
15-19 April 2020
R9 250 p.p. wat deel
WAT IS INGESLUIT?
• Luukse blyplek
• Drie etes elke dag
• Die dienste van 'n professionele stapgids
• Alle toegangstariewe en permitte vir die natuurreservate
• Vervoer van een staproete na die volgende
BESPREEK NOU!
Lees die volle reisplan by: info@venturebeyond.co.za; venturebeyond.co.za; 044 535 9033













