Reis jy met jou honde? Dit is soms moeilik om langs 'n nasionale pad 'n veilige plek te kry vir 'n beenlig stop. Toe Weg laas by Albertinia se vulstasie stilgehou het, was hulle besig om die laaste bakstene vir 'n nuwe hondepark te lê.
Die park het twee afsonderlike afdelings - een vir groot honde en een vir klein honde en katte. Hier is bankies waar jy kan sit en die diere dophou terwyl hulle bene rek.
Elke hok het dubbele hekke om seker te maak iemand anders se Yorkie glip nie per ongeluk uit nie. Hier is selfs waterbakke, 'n drom en sakkies om agter jou hond skoon te maak. Enige iemand wat van die vulstasie se geriewe gebruik maak, is welkom om hulle honde hier te laat baljaar.
Waar? Op die hoek van Stasiestraat en die N2, Albertinia
Kontak *028 735 1316












